Trevor Noah nou langer op TV

Trevor Noah

Die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah gaan nog heelwat langer op die kassie te sien wees nadat sy kontrak as aanbieder van The Daily Show verleng is.

Volgens berigte uit Amerika het Comedy Central ʼn vyfjaarkontrak met die 33-jarige Noah onderteken. Dit beteken hy sal tot 2022 The Daily Show aanbied.

“Ek is verheug dat ek die wonderlike reis met aanhangers van The Daily Show en Comedy Central kan voortsit,” het Noah aan Forbes.com gesê.

“Dit is regtig opwindend om my kontrak vir vyf jaar langer te verleng of tot Kim Jong-oen ons almal uitwis – wat ook al eerste kom,” het Noah geskerts.

Meer as ʼn miljoen mense kyk daagliks The Daily Show. Noah het op 28 September 2015 sy debuut gemaak as aanbieder van The Daily Show nadat hy maande vantevore as Jon Stewart se opvolger aangekondig is.

Die nuus dat Noah se kontrak verleng is, kom kort nadat hy Sondagaand met ʼn Creative Arts Emmy-toekenning bekroon is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

anton ·

Ek is soooooo bly hy is daar in Amerika en dat hulle maar na hom kan kyk.

vrikie ·

Hy is so een dimensioneel, irriteer die wit Vim uit my uit. Se baie van die amerikaners se sin vir humor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.