Video: “Karoonag” kry nuwe lewe op Zoid Afrika

Karen Zoid en Coenie de Villiers (Foto: Verskaf)

Karen Zoid en Coenie de Villiers (Foto: Verskaf)

“As die nag sy baadjie toeknoop oor die veld, en die diereriem sy blink tot teen die skerpioen laat lê; as die tweeling en die kreef kotteljons oor Beaufort-Wes, en die maan sy beker skink oor Graaff-Reinet…”

Karen Zoid en Coenie de Villiers het Dinsdag vir nóg ʼn Republiek van Zoid-Afrika-treffer gesorg, toe die twee kunstenaars Coenie se gewilde liedjie, “Karoonag”, van 1990 laat herleef het.

Die ander gas op die gewilde kykNET-kletsprogram was Irna van Zyl, een van die groot geeste in die Suid-Afrikaanse mediabedryf.

Ander musiektreffers sluit onder meer in “What he means”, “Boetebessie Briek Dans” en “Timbaktu”.

“Karoonag” kan op  iTunes gekoop word vir R9,99.
Koop Coenie de Villiers se nuwe CD, Emoji, nou in Maroela Media se aanlynwinkel, Die Koöperasie.

In volgende week se episode, op 20 Desember, gesels Karen met die legendariese radiopersoonlikheid, Alex Jay en die Afrikaanse sanger, Joe Foster.

Die Republiek van Zoid Afrika word Dinsdae om 20:30 op kykNET, DStv kanaal 144, uitgesaai.

Lees meer oor Coenie de Villiers op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.