[Video] ‘Kokkedoortjie’: Sjefs moet staal wys met ontbyt

Kokkedoortjie (Foto: Verskaf)

In die kombuis bevat die kleinste botteltjies dikwels die bestanddele met die meeste skop – en net so is dit met die deelnemers aan kykNET se nuwe werklikheidsreeks Kokkedoortjie.

Dié reeks het verlede Woensdagaand amptelik afgeskop en die vervaardigers beloof dié jong kokke gaan die land nog in vervoering hê.

In Woensdagaand se episode om 12 April moet die jong sjefs hulle staal wys met meesterlike ontbytdisse.

“Daar is nie ’n lekkerder manier om ’n nuwe dag te begin as ’n lekker ontbyt nie. Ontbyt in die bed is immers die grootste bederf. Watter kind het nog nie op Moedersdag of Vadersdag vroeg opgestaan om ontbyt te maak nie?” skryf kykNET in ’n verklaring.

Die beoordelaars van die reeks is Nic van Wyk en Mari-Louis Guy, wat onderskeidelik ook in Kokkedoor en Koekedoor oor deelnemers se lot besluit het.

Die reeks bestaan uit 13 episodes en elke episode is ’n halfuur lank. Die program word vervaardig deur Homebrew Films.

Hou Maroela Media gerus dop om weekliks op die hoogte van Kokkedoortjie te bly.

Kyk ook die video op kykNET se Facebook-blad.

Dis om 20:00 weer tyd vir #Kokkedoortjie, en ons jong deelnemers gaan toor met eiers – skakel in!

Posted by kykNET on Wednesday, April 12, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.