[Video] Nuwe asem vir Koos Kombuis-treffer

Karen Zoid en Neil Sandilands (Foto: Facebook/Anelia Loubser)

Karen Zoid en Neil Sandilands (Foto: Facebook/Anelia Loubser)

Karen Zoid het Dinsdag vir Koos Kombuis ʼn nuwe jas aangetrek. Die troebadoer maak al vir byna drie dekades musiek en is bekend vir liedjies soos “Lisa se Klavier” en  “Bicycle sonder ʼn Slot”.

Koos het “Liefde uit die Oude Doos” in 1995 geskryf en Zoid het opslae gemaak met haar weergawe van dié  liedjie wat sy saam met Neil Sandilands opgevoer het. Kind van sonde, kind van troos, kind van liefde uit die oude doos…

Zoid se verwerking van dié treffer het kort nadat dit opgevoer is op Die Republiek van Zoid-Afrika die topposisie op die  iTunes-trefferlys ingeneem en haar en Neil se weergawe van “Liefde uit die Oude Doos” is op iTunes beskikbaar.

Vandeesweek het Zoid Antoinette Kellerman en Christia Visser naas Neil Sandilands in die ateljee verwelkom.

In volgende week se episode, op 6 Desember, kom kuier die rugbyspeler Christo Wiese, Nicholis Louw en Jan-Hendrik van der Westhuizen by President Karen in die republiek.

Republiek van Zoid-Afrika word Dinsdae, 20:30, op kykNET, DStv kanaal 144, uitgesaai.

LIEFDE UIT DIE OUDEDOOS

Heilige oomblikke. Opgedra aan die meester, wie Koos Kombuis is. "LIEFDE UIT DIE OUDEDOOS" saam met Neil Sandilands. Die CD (RZA Vol. 4) is vanaf hierdie week in die winkels beskikbaar. xx

Posted by Karen Zoid on Tuesday, November 29, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Emile ·

Sal graag hierdie weergawe wil hoor.

Is Koos ‘n trabadoer of troebadoer?

Jan ·

Ek sal graag wil weet waarom sy so prominensie hier kry, het sy hier ‘n groot gevolg? Dit word tog so volhard, daarmee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.