Vir Altyd… gaan jou hart steel

vir-altyd-showmax[promosieartikel]

Donnalee Roberts en Ivan Botha se romantiese avontuurfilm, Vir Altyd, is die mees suksesvolle Afrikaanse fliek tot nog toe by die Suid-Afrikaanse loket. Die fliek het meer as R15 miljoen rand verdien, en wanneer jy dit op ShowMax kyk, sal jy verstaan hoekom.

Dis ’n topklas produksie wat Donnalee en Ivan se sterkrag kombineer met ’n gedugte kreatiewe span en ’n bekoorlike storie wat sonder twyfel jou hart gaan steel.

Dis die verhaal van Nina en Hugo wat kleintyd dik tjommies is maar dan kontak verloor en mekaar weer ontmoet op Nina se sprokiestroue. Ongelukkig vir Nina is haar sprokiestroue toe nie alles waaroor sy gedroom het nie. Nadat Nina se verloofde koue voete kry voor die altaar, oortuig sy vir Hugo om saam met haar op haar wittebrood te gaan. Dié twee vat die pad Mauritius toe, waar hulle ook ander paartjies ontmoet wat daar vakansie hou, en in hulle intriges verstrengel raak. Kort voor lank begin die poppe dans in die paradys.

Veteraan-akteurs soos Elize Cawood en Ilse Roos wys ook gesig in Vir Altyd en Jaco Smit doen uitmuntende werk in die regisseurstoel.

Teen die asemrowende agtergrond van Mauritius begin die karakters – en die kyker – weer in liefde glo.

Vanaf 13 Maart is Vir Altyd vir die eerste keer op ShowMax beskikbaar. Indien jy nog nie vir ShowMax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet.

*Let daarop dat hierdie fliek op 13 Maart aanvanklik net vir Showmax-kykers in die buiteland beskikbaar gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.