Video: Blinde hondjie kry sy eie gidshond

Foto: instagram.com/the.fluffy.duo

Zen en Hoshi . Foto: instagram.com/the.fluffy.duo

Dis altyd hartseer om te sien as diere ly, maar hierdie verhaal het ʼn gelukkige einde.

Hoshi, ʼn Amerikaanse Eskimo-hond, het sy sig verloor op die ouderdom van 11 toe sy oë verwyder moes word weens gloukoom, ʼn toestand wat die oog se optiese senuwee beskadig.

Sy eienaars het Zen, ʼn pommerhond, maande voor Hoshi se operasie aangeneem. Die twee het beste vriende geword en toe Hoshi sy sig verloor, het Zen ook as gidshond opgetree. Dié twee is nou baie na aan mekaar en Zen los Hoshi nie vir ʼn oomblik alleen nie.

Zen en Hoshi gaan gereeld saam op avonture en daar is nie ʼn plek waar hierdie twee nog nie was nie, van stappies deur die woud tot wandelpaaie in die sneeu en selfs water hou hulle nie terug nie.

Die twee insprireer mense en het duisende aanhangers op sosiale media, met 28 000 volgelinge op Instagram en ongeveer 2 600 op Facebook. Hulle noem hulself “The fluffy duo”.

Doen jouself ʼn guns en gaan lees die inspirerende verhale van Hoshi en Zen en deel in hul avonture. En mens dink die hond is die mens se beste vriend. In dié geval is die mens nie eens ter sprake nie…

Oorspronklik gepubliseer op Boredpanda deur: Rokas L

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jean ·

Ag dis pragtig. So moeg vir dieremishandeling, hierdie was ‘n baie positiewe storie. Dankie, mens het dit nodig tussen al die donker berigte.

Madelein ·

ja dit is baie lekker om so ‘n bietjie goeie nuus te sien . Dankie vir die video

Theresa B ·

Ag is dit nou nie awesome nie!! Mense kan baie by diere leer. Dankie vir die mooi stukkie nuus. Alles is ook deesdae so morbied.

Siestog ·

Wat ‘n wonderlike positiewe liefdevolle storie vir ‘n Maandag middag.

Denise ·

Dit is nou liefde en omgee ons mense kan so baie by diere leer !!!!

Elize ·

Mense kan by diere gaan leer wat is omgee.liefde.vertroue en getrouheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.