Brief in bottel ná 108 jaar gevind – vrou kry beloning

Die poskaart. Foto: Marine Biological Association

Die poskaart. Foto: Marine Biological Association

’n Duitse vrou het waarskynlik die oudste brief nog in ’n bottel gevind.

Die vrou het op ’n eiland langs die Duitse kus ’n bottel opgetel wat 108 jaar gelede in Engeland in die see gegooi is. Boonop is sy nou op ’n sjieling ter beloning geregtig.

Die bottel is as deel van ’n eksperiment deur ’n marinebioloog, George Parker Bidder, met ’n poskaart daarin wat na hom teruggepos moes word, in 1906 by Plymouth in Engeland in die see gegooi.

Dit was deel van ’n groot getal soortgelyke bottels wat hy van 1904 tot 1906 in die see gegooi het om vas te stel hoe die seestrome werk. Om mense aan te moedig om die poskaart aan hom terug te pos, het hy ’n sjieling as beloning aangebied.

Op die Duitse vrou, Marianne Winkler, wag daar inderdaad ’n sjieling.

Bidder self leef lankal nie meer nie, maar die Marine Biological Association in Plymouth, waarvan hy lank die voorsitter was, het op eBay ’n sjieling opgespoor. Winkler, ’n afgetrede poskantoorwerker, gaan nou haar beloning kry.

Bron: Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Xa ·

Interessant om te sien die poskaart is ook in nederlands en duits, die bioloog het seker vermoed dit gaan in daardie rigting uitspoel.

Verward ·

Hallo….is my wiskunde besig om my te los of wat? Is dit nie dalk 110jaar gelede nie….of is die berig dalk al twee jaar oud…? En Xa……die bottel is in Duitsland gevind.

Casparus ·

Tegnies is jy reg maar kyk so daarna: die bottel is dalk laat in Desember 1906 in die see gegooi en dalk vroeg in Jan 2016 gevind. Syferkundig 110 jaar maar fisies eintlik maar 108 jaar, of wat.?

leon de vries ·

Herman, ek het ‘n soortgelyke berig in die Volksblad gelees. Joune is baie beter geskryf.

Blinde Sjambok ·

…wat ‘n welkome, opwindende en plesierige artikel om te lees …in skerp kontras met die Zuptas/Nkandla/korrupsie-konsternasies waaraan ons so gewoond geraak het …aeish! ‘n Sjieling in 1904 behoort relatief in huidige waarde uit te betaal vir die ‘groot’ fonds …of hoe?

marianna ·

Sy het ses pennies te veel gekry want daar staan 12 stuiwers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.