Dié motor het g’n stuurwiel of voetpedale nie

Die Google-motor met selfrytegnologie (Foto: Washington Post)

Die Google-motor met selfrytegnologie (Foto: Washington Post)

’n Blinde man van Austin in die Amerikaanse deelstaat Texas was onlangs die eerste man ter wêreld wat suksesvol om die hele Austin in ʼn Google-motor met selfrytegnologie gery het.

Google het onlangs in ʼn verklaring gesê dié suksesvolle projek is ʼn nuwe mylpaal vir selfrytegnologie.

Nathaniel Fairfield, ʼn ingenieur vir die reus, het in die verklaring gesê Google het al meer as 3,6 miljoen kilometer afgelê as deel van die navorsingsproses om die motor met selfrytegnologie te vervaardig.

Steve Mahan, die blinde man, het gesê dié motor ry “soos ʼn baie bekwame bestuurder”. “As jy jou oë toemaak wanneer jy saam met iemand ry, kan jy voel of hulle werklik ʼn goeie bestuurder is of nie. Dié motor is ʼn uiters ‘bekwame bestuurder’.”

Google gaan vervaardigingsregte van dié motor aan Waymo gee, ʼn afdeling van sy sustersmaatskappy, Alphabet.

Die motor sluit aan by die Obama-administrasie wat vroeg verlede jaar gesê het alle motors in Amerika sal in die toekoms met draadlose verbindings kan “kommunikeer” om meer ongelukke te verhoed.

Die Google-motor werk volgens dieselfde beginsel met draadlose selfrytegnologie wat die motor wys wanneer om te stop, draai, stadiger te ry of selfs rem te trap vir ander motors.

Bron: Washington Post

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Denise ·

Hulle moet so gou moontlik sulke buste en taxi’s vervaardig en verpligtend maak in S.A.! Baie mense se lewens so spaar.

Johan ·

Kan die karretjie “doughnuts” gooi of “powerslides” doen? Indien nie, hou hom weg van my af!

Danie ·

Ek verstaan nie heeltemal hoekom daar juis melding gemaak word dat die onder die Obama-administrasie genoem word nie. Dit kan bloot genoem word die Amerikaanse regering. Waarom dan nie in dieselfde asem meld dat x-strale byvoorbeeld onder president X goedgekeur is en hart-operasies onder president Y, rekenaars onder president Z, ensovoorts nie.

Paul ·

Dis relevant omdat dit ‘n uitvaardiging deur die regering is van ‘n plan om dit verpligtend te maak. Die skuld vir so slegte idee en inbreuk op privaatheid, moet gegee word waar dit toekom.

Koos ·

Ons ken al reeds SA : geen petrol, versekering of motordienste. Maar jy gaan hoes vir data….

Justice ·

Indien die motor nie geprogrameer is om vir minibus taxi drywers pro-atief te kan dink en toe te gee of vermy nie, sal hy beslis nie eens 20 km in Suid Afrikaanse stede sonder ernstige skade haal nie.

zahn ·

Komaan Justice, wees net realisties! 20km? Dink jy nie 200 METER is nader aan die kol nie?

Akram ·

Nou wonder ek net, hoe sal so n voertuig weet as n bloulig brigade op pad is? of n padblokade? Eki dink die voordeel sal wees dat indien so n voertuig gesteel word, dit n knoppie se druk sal vat on hom weer by sy eienaar te kry. Die ander voordeel is weer as jy dalk te veel gekuier het, sit jy in die passasiers sitplek en word wakker voor jou eie huis. Hoef nie te worry oor n geblaasery nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.