[Foto’s] ‘Bang brakkie’ bedaar danksy babaseun

Weezy en baba Evan

Weezy en baba Evan

Weezy, ʼn klein Italiaanse windhond, was tot onlangs toe bang vir alles, van mense, raserige speelgoed en selfs vlieë, maar toe word haar “boetie” gebore en verander alles.

The Dodo berig Weezy is eendag by ʼn diereskuiling in Alberta in Canada afgelaai en niemand ken haar geskiedenis nie.

Die eerste mense wat haar by die skuiling aangeneem het, het haar die volgende dag teruggeneem, aangesien sy die heeltyd gebewe en vir alles geskrik het.

Sarah Mavro het van die “bang brakkie” te hore gekom, in haar motor geklim en twee ure na die afgeleë skuiling gery om haar aan te neem.

Weezy se tandjies was in so ʼn slegte toestand dat byna almal getrek moes word. Sy het nou net twee tandjies oor en dit veroorsaak dat haar tong die heeltyd uithang,  ʼn kenmerk waarvoor sy nou bekendheid verwerf het.

Dit het drie jaar geneem voordat Weezy begin gemaklik raak het by haar nuwe eienaars en sy het toe vir die eerste keer begin blaf.

Toe word die Mavro-egpaar se baba, Evan, gebore en Weezy het dadelik meer ontspanne voorgekom.

“Evan is nou sewe maande oud en ek dink Weezy is liewer vir hom as vir ons. Sy sal langs hom gaan lê en toelaat dat hy oor haar klouter,” het Mavro gesê.

Volg Weezy se verhaal op Instagram.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

zelda ·

Kry ek nou n knop in my keel. Dis n baie mooi storie die. n Hond is mens se beste vriend.
Dankie Maroela

zelda ·

Kry ek nou n knop in my keel. Dis n baie mooi storie die. n Hond is mens se beste vriend.
Dankie Maroela

jeni ·

Ons is het so hondjie, hulle is pieperige honde en baie mense weetnie hierdie honde is into your face honde, spring op alles, e dan verjaag die mense hulle, en hulle raak baie gou verskrik en is dan bang vir enigeiets. Jy moet regtig n diere liefheber wees met hulle en baie aandag gee.

Ronnie ·

As mense meer soos honde was, sou die wêreld ‘n beter plek gewees het.

Siestog ·

Dankie vir ‘n pragtige positiewe storie wat ek so op die Maandag oggend lees. Mag Weezy nog lank lewe en altyd gelukkig wees.

dolphin ·

ag moeder so pragtig van die brakkies so dierbare sonder tande uit en 2 oor en sal baie geniet dit

Rhoda Jacobs ·

Ek hou baie van maroela media. Julle nuus is baie meer aan die waarheid as ander media. Dankie daarvoor

Dellaq ·

ahhhhh, pragtige berig! En wat wonderlike mense om so ‘n ou bangetjie aan te neem. You go Weezy!

Irene ·

Haha, dis te oulik! Ek het Weimaraners, en die een was voorheen glad nie lief vir kinders nie – sy was bang vir hul vinnige bewegings en harde geluide. Maar vandat my kleintjie gebore is, moes sy vinnig aanpas – ek vermoed sy het in tussen maar opgegee met bang wees, en sy le ook nou maar net as my kleintjie oor haar klim, in haar mond krap om haar tong beet te kry, ens! (Let wel, ek keer darem as sy my hond pla, ek probeer haar leer dat honde ook respekteer moet word ;) )

yvette ·

Maroela Media isbobaas.Hier sien ons die werklikheid in die lewe, nie opgediste gemanupuleerde nuus nie.
Baie dankie ook vir die storie en fotos ons waardeer dit! Help ons deur al die swaar van slegte nuus. Wens dit kon altyd net goeie nuus soos die wees. Wat n mooi verhaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.