[Foto’s] Bielie van ʼn baba verower harte

Baba Carleigh (Foto: Sweet Smiles Photography Studio)

Foto’s van ʼn yslike babadogtertjie in Keystone Heights in die Amerikaanse deelstaat Florida wat by geboorte byna 6 kg geweeg het, verower duisende harte wêreldwyd.

Die baba, Carleigh, wat vroeër vanjaar deur middel van ʼn keisersnee gebore is, is Lary en en Chrissy Corbitt se vyfde kind.

Carleigh is nou behoorlik ʼn internetsensasie nadat dié egpaar foto’s van haar op Facebook gedeel het.

Larry het aan USA Today vertel die dokters kon nie hul verbasing wegsteek by haar geboorte nie.

“Ek kon nie sien toe hulle haar uit die baarmoeder haal nie, die dokters het net gesê: ‘O my aarde, o my aarde. Ek dink nie daar is einde aan dié baba nie, is daar dan twee van hulle?’ Dit was baie snaaks,” sê hy.

Volgens die Orange Park Medical Center is Carleigh die swaarste babadogtertjie wat nóg in dié deelstaat gebore is. Sy weeg ook net minder as 100 g minder as die swaarste babaseuntjie wat in dieselfde staat gebore is.

“Toe sy gebore is, het ek net gehoor hoe die dokters lag in die operasieteater. Hulle het onder mekaar geraai wat sy sou weeg, en toe hulle vir my wys, kon ek dit nie glo nie,” het Chrissy aan ABC News vertel.

Baba Carleigh (Foto: Sweet Smiles Photography Studio)

Larry sê hoewel die egpaar se vier ander kinders ook groter as normaal by geboorte was, was hulle nie op Carleigh voorbereid nie.

“Ons het aan alles moontlik gedink wanneer dit by babas kom, maar die verpleegster het net gesê ‘items vir pasgebore babas gaan nié werk nie’. Chrissy het geen gewig opgetel tydens die laaste semester in haar swangerskap nie – Carleigh het die gewig opgetel,” skerts hy.

Carleigh dra reeds klere vir babas van nege maande oud asook babadoeke drie keer die normale grootte vir pasgebore babas.

Die ouers het intussen na Huggies en Pampers uitgereik vir hulp met babadoeke en -klere.

Al die foto’s is deur Sweet Smiles Photography Studio geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Susan ·

Regte oros mannetjie! Kyk daai aanskroef armpies! Sy is waarlik pragtig en sommer al klaar groot! Dis eintlik jammer, want hulle word almal te gou groot, mens wil hulle tog so graag bietjie klein hou!

VanAfrika ·

En hoekom haar kaal paradeer, het sy enigsins se in hierdie foto’s?

Ruby ·

VanAfrika, regtig?

Wat sien jy wat onbetaam is, ek sien net super cuteness.

Ai ·

Ag my genade wat n pragtige baba dogtertjie! Ma se arms gaan baie sterk word as sy die klein lady Jane elke dag moet aan die slaap sis.

Penelope ·

Ag moeder sy is so pragtig. Ek dink net ma se arms gaan moeg word…

OumaLien ·

Cuteness overload! Sy’t sommer van kleinsaf al ‘n cleavage. Ek sien sy word geborsvoed, haar mamma gaan seker gou rietskraal wees.

Ouma ·

My broer se seun het ook omtrent soveel geweeg by geboorte. Daar was nie eens genoeg gewiggies vir die babaskaal in die hospitaal nie. (Nog nie elektroniese skale gehad nie). Die verpleegpersoneel moes gebruik maak van Nan blikke babamelk en die gewigte daarby, om sy gewig te bepaal . Hy was ook nie grootste baba wat in hierdie hospitaal gebore was. Hy het soos ‘n 3 maande oue baba gelyk. En skoonsus het NORMAAL gekraam! Op een jaar, was sy gewig dieselfde as sy makkers wat ‘n “normale” geboorte gewig gehad het. Vandag is hy ‘n lang skraal man.

Jeannette ·

Liewe genugtig! Ek is baie bly ék hoef nie hierdie klein reusie uit te gedruk het nie (gelukkig het Mamma ook nie). Sjoe, die arme ou reusie – ek hoop net van harte sy is net geneties groot en nie bloot oorgewig nie, want dan gaan sy maar ‘n swaar lewe hê. Is sy getoets vir diabetes? Of is daar iets in Florida se drinkwater (beslis nie kaaimans of ‘cotton-mouths’ nie) wat sulke yslike babas oplewer? En ek dink Pappa kan ook nou maar ‘n knopie in klein-pappa sit – 5 kinders is genoeg!

Andre Traut ·

Pragtig wil haar net opdruk. Ek hoop egter vir die ma se part sy stap vinnig☺☺

Jenny Thom ·

Sjoe, pragtige baba.
Ons is ook geseen met ‘n 2ling.
Wynand was 3,3kg en sussie 2,97kg, ampertjies 6kg
Alle Lof en Dank aan ABBA Vader vir volmaakte engele uit Sy Hand geleen vir ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.