[Foto’s] Brittanje se kleinste kasteel te koop

(Foto: Savills)

Dit is nou jou kans om daardie sprokieskasteel te koop waarvan jy nog altyd droom.

In Warwickshire, Engeland, is ʼn kasteeltjie te koop wat bekendstaan as Molly’s Lodge. Dit dateer uit 1834. Dit is deur Edward Blore gebou wat verantwoordelik was vir uitbreidings aan Buckingham-paleis in die 1850’s.

Die kasteel het net een slaapkamer, ʼn badkamer, ʼn sitkamer en ʼn uitsonderlike stel trappe. Daar is ʼn bykomende woonstel langs die kasteel met ʼn slaapkamer, ʼn kombuis en ʼn motorhuis. Dit alles word teen £550 000 verkoop.

Iain Powis, die eiendomsagent van Savills wat die kasteel verkoop, sê dit is ʼn unieke eiendom. “Daar is nie regtig baie van sy soort beskikbaar nie. Dit is iets heeltemal anders as die ander fraai huise in die omgewing.”

Dit is naby die klein dorpie Long Compton waar daar omtrent net ʼn poskantoor, ʼn paar winkels, ʼn kerk, hotel en skool is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jane ·

Sal dit LOVE om daar te bly .. en af te tree .. is baie jaloers vir die persoon wat dit kan bekostig . GENIET dit maar namens my.

Rina Kotze ·

Dit lyk so lekker! As ek geld gehad het, het ek dit sowaar gekoop en uit hierdie sirkus van ‘n SA gevlug!

carretjies ·

jissou sal graag hier met ‘n paar honde en katte wil bly.

Wouter ·

Die trappe lyk modern. Pas nie regtig by die ouerige kasteel nie.

Justice ·

Lanklaas ‘n eiendom te koop gesien sonder Fort Knox diefwering; ge-elektrifiseerde omheining en ADT / Chubb gewapende reaksie bordjie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.