[Foto’s] Brug lyk byna soos tuimeltreinspoor

Die Eshima Ohashi-brug in Japan

Die Eshima Ohashi-brug in Japan

Selfs die mees gesoute bestuurder gaan dalk angstig bestuur op dié brug, wat mens byna aan ʼn tuimeltrein laat dink.

Die Eshima Ohashi-brug in Japan styg en daal skerp sodat skepe onderdeur kan vaar.

Die betonpad strek ongeveer 1,7 km oor Nakaumi-meer en verbind die stede Matsue en Sakaiminato. Die brug is ongeveer 11,4 m breed en is die derde grootste in die wêreld.

Die ongewone brug is al in ʼn Daihatsu-advertensie vir die Tanto-minibus gebruik om die voertuig se duursaamheid te wys.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gerda Erasmus ·

Spaar my asseblief dit!! Op ‘n toer in Indië het ek dit amper nie oorleef met daardie bestuurders nie!

Theresa ·

Liewe aarde! Nee ek hoop daar’s ”n ompad – sal nie lekker daar op en af nie.

johann cb ·

Sjoe, dit lyk soos iets uit ‘n James Bond rolprent! Nogal ‘n baie mooi ontwerp.

Jaco Venter ·

As jy die brug van die kant af kyk lyk dit glad nie so erg nie. Dit is die telefotolens op die kamera se skuld dat so erg lyk!

Gustav ·

kyk die video, daar is niks snaaks om op te ry nie en dit is ‘n baie mooi pad

Flip Nöthling ·

Die brug se hellings is omtrent 5% en 6%. Dit is nie veel steiler as baie van Pretoria se strate nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.