Inskrywings is nog oop vir die 2017 Comedy Wildlife Photography Awards, maar daar is reeds ʼn paar treffers waarna belangstellendes kan loer.
Ondanks die grappige benadering, kyk die beoordelaars nie net na die vermaaklikheidswaarde nie. Fotograwe Paul Joynson-Hicks en Tom Sullam neem ook die bewaringspoging in ag.
“Ons het die afgelope twee jaar fantastiese inskrywings ontvang,” het dié twee gesê. “Ons sien selfs al hoe meer diere wat verteenwoordig word. Gryp gerus jou kamera en neem foto’s waar jy ook al is – selfs ʼn eekhoring kan die kompetisie wen!”
Die sperdatum vir inskrywings is op 30 September.
Vir meer inligting oor die kompetisie en hoe om in te skryf, besoek Comedy Wildlife Photography.
So goed!!! Dit was nou lekker om na te kyk.
Ek stem !
Ek het so ‘n paar ‘byskrifte’ uitgedink om by van die foto’s te pas:
1 – “Hey, ek wil ook sit. Skuif op, man!”
2 – “Oe ….aah, wag – net reg mik ….. Daar’s hy! Ah. wat ‘n verligting!”
3 – “Hie-ha, wie’s jy, jou lelike ding?”
4 – “Hier’s vir jou ‘n speelgoed vliegtuig, my kind.”
5 – “….. en ek sê jou, toe ek daai skoot skiet ….”
6 – “Wat kyk jy, huh?”
7 – “Zis is my new look, my friend – zome French couture ….”
8 – “Een … twee … drie … hie-ha, daar gaan ek!”
9 – “Kyk hier, ek is nou nie snaaks nie, maar dié ys moet nou smelt! My voete vries af!” en die
antwoord: “Wat, dink jy jy is die enigste>”
Jeannette, dankie. Dit het my sommer lekker laat lag.