[Foto’s] Italië gee eiendomme weg

Foto: BoredPanda.com

Wou jy nog altyd die koning van jou eie kasteel gewees het? Italië gee nou 103 eiendomme, wat villas en kastele insluit, weg. Gratis.

Maar voor jy jou tassie begin pak, lees net eers die fynskrif. Volgens ʼn eiendomsagentskap wat in staatseiendom spesialiseer, is daar sekere voorwaardes wat nagekom moet word: Die eiendom moet gerestoureer word en dan as toeriste-aantreklikheid gebruik word soos byvoorbeeld as hotel, restaurant of spa.

“Hierdie projek sal die toerismesektor steun”, sê Roberto Reggi van die eiendomsagentskap wat die eiendomme bemark. “Die doel is om nuwe lewe in vervalle eiendom te blaas en dit vir toeristedoeleindes te gebruik,”

Aansoeke om die eiendomme te bekom sluit op 26 Junie en indien jou aansoek suksesvol is, het jy nege jaar om die eiendom te restoureer met die moontlikheid vir verlenging vir ʼn verdere nege jaar.

In die volgende twee jaar sal nog 200 eiendomme op dieselfde basis beskikbaar gestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Ja hoor ·

Van die plekke is stunning maar sommiges (sien foto 2) is werklik net vervalle ruines wat jy van vooraf sal moet opbou. Waar kry enige gewone Suid Afrikaner die geld om in EURO’s so ‘n groot plek te gaan opbou. Ja as hy leefbaar is, kan mens aanvanklik daar bly maar wat van die dienste? Klink na ‘n awesome plan maar WEEREENS net vir die rykes ‘n uitkoms. Jy moet geld he om geld te maak.

Stacey ·

Ek wens hier was so ‘n opsie in Suid Afrika. Ek het bietjie geld vir redtourasiewerk en soek dringend blyplek vir my en my hond en kat weg van hierdie mense by wie ek huur. Die eienaar probeer my betas en ek kry nie ander huurplek nie ?

foxi ·

Is daar nie iemand wat stacy kan help nie asseblief? Kry haar weg van n oorhoekse vark wat sy hande nie van haar kan afhou nie!
Stacey….as ek plek gehad het, sou ek jou gehelp het. Hoop jy kom reg………..

Stacey ·

Dankie vir die omgee Foxi. Ag bid maar net vir my en dink aan my ek vertrou 100% in God. Weereens dankie

Ai ·

Ja ek sal dit doen en adverteer en als en as mense bel om te boek sal ek net se jammer ons is vol hahahahaha

Louise ·

Ek sal my oog tande ruil vir so n geleentheid, watse avontuur sal dit net nie wees nie.
Jy kan jouself laat leef en uit leef in so n geleentheid.
Net jammer die kostes is heeltemal bo my vuur maak plekkie. lol

Hannah ·

Had ek die geld… was ek reeds daar! Sjoe … dit is baie baie mooi!

Kom ons doen saam aansoek ·

Wat van as ons saamstaan en n aansoek indien? Ek het nie geld nie maar het idees en kan die werk doen. Hier is baie mense wat iets kan bied dan gaan ons almal saam oor.

Ettiene ·

Dit is dalem mooi plekke, die paartjes wat hulle wys!
Wat van ons doen ‘n ‘crowd funding’ en doen so plek op.(sal al die ‘kleinskrif’ inligting moet bekom). Bemark hom dan op ons manier!…??

Ai ·

Sal gaaf wees as Maroela die link kan plaas waar mens kan aansoek doen…. Ek wen dalk die week die Lotto.

Frans C ·

By sommige sal jy meer as die Lotto nodig, die huidige wisselkoers inag genome.

Latitia Basch ·

Wow. Sal die eiland een lief. Hoe sal mens te werk moet gaan?

Liezl ·

Wat ñ geleentheid! Kan ons asb die link kry oor hoe wat en waar?

wdp ·

Daarsy Malema daar is jou kans – vat sommer al jou eff suporters saam

Charmaine Griffiths ·

As jy restoureer en verbeter in Italie is die btw baie laag en somtyds glad nie. Die enigste ding is die banke kontrolleer jou kontantuitgawes en jy moet bewys toon van wat gedoen word voordat hul jou kontant oorhandig. Dit is hul kontrole dat die staat nie uit btw gekonkel word nie. Die ambagsmanne daar is puik maar neem hul tyd. Die gehalte van hul werk uitstekend.

Charmaine Griffiths ·

hier is die Ferrara, hoofstad van die Emilia-Romagna provinsie se koerant: la nuova ferrara

Jacques Watermeyer ·

Hi julle,

Sal julle asb. die oorspronklike link vir die aansoeke stuur. Sal graag die saak wil ondersoek.

Gesels gou weer.

Barry-john ·

Ek sal daar kamp as ek moet al is dit bouvallig en al is daar geen dienste sal dit met tyd reg maak bou en maak alles alles reg ….

Chaparel ·

Wanneer jy n pand heeltemaal opgeknap het volgens voorskrifte met jou eie geld en daar kom min of geen toeris op af nie dan kom die eiendomsagent om jou mee te deel dat jy moet verkas want jy bring geen geld vir die toeriste sektor binne nie.
Dit is n finansieele kwestie wat draai om staatsbelang en die staatskas moet gevul word.

Maria Gunter ·

Wil self ook graag die skakel hê na die aansoeke. Is dit moontlik dat iemand die skakel asb kan deel? Sal dit onbeskryflik waardeer.

Charmaine Griffiths ·

die webwerf is Italie se Staat Eiendomsagentskap : agenziademanio.it en ‘n toeriste webwerf is : lifeinitaly.com

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.