[Foto’s] Pa se ‘Beauty and the Beast’-fotosessie met sy dogtertjie

Foto: Josh Rossi Photography

Foto: Josh Rossi Photography

ʼn Driejarige dogtertjie se drome het waar geword toe haar pa haar in Belle van die bekende Disney-fliek, Beauty and the Beast, verander het.

Josh Rossi (31) van Salt Lake City in Utah, VSA, het Nellee op Valentynsdag met dié verrassing bederf.

Josh het na Europa gereis om in vyf verskillende stede foto’s te neem van kastele en dorpies wat hy as agtergrond vir die foto’s kan gebruik, verduidelik hy in ʼn inskrywing op Full Time Photographer. “Die reis was ʼn teken van liefde vir my dogter,” het hy gesê.

By die huis aangekom, het hy Nellee in ʼn reeks kostuums uit die fliek afgeneem, geskep deur Ella Dynae – ʼn ontwerper wat spesialiseer in luukse kostuums vir kinders.

“Die storie van Beauty and the Beast het so ʼn ongelooflike boodskap van ware liefde en aanvaarding, en ek wou graag dié tonele saam met my dogter herskep,” het Josh bygevoeg. “Ek wou iets vir haar maak wat sy vir altyd sal hê as ʼn bewys van ons prettige verhouding en my liefde vir haar.”

Volg Josh Rossi op Facebook en Instagram



ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jennefer ·

Hartroerend, soveel liefde om haar n rol in n film te gee, so anders as die pa wat sy kind/ers in n pornofilm inforseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.