[Foto’s] Só lyk ʼn huis wat $250 miljoen kos

Foto: Bruce Makowsky, BAM Luxury Development

Foto: Bruce Makowsky, BAM Luxury Development

Teen $250 miljoen (R3,4 miljard) is ʼn huis in Los Angeles nou die duurste huis op die mark in Amerika, volgens verskeie berigte.

Die huis in Bel-Air het vier vlakke en is meer as 3 500 m² groot. Die huis het 12 slaapkamers, 21 badkamers, drie kombuise, ʼn kegelbaan, fliekteater, lekkergoedkamer en ʼn yslike swembad, berig die Los Angeles Times.

Die goeie nuus is dat ʼn helikopter uit die 1980’s televisieprogram “Airwolf”, en ʼn motorversameling ter waarde van $30 miljoen (R400 miljoen) ook by die prys ingesluit is, berig die Hollywood Reporter.

Die huis in Bel Airweg 924 is ook ten volle gemeubileer en het meer as 100 kunswerke wat oor die eiendom heen geïnstalleer is, het die ontwikkelaar, Bruce Makowsky, op ʼn webwerf gesê wat die luukse eiendom bemark.

Sewe voltydse personeellede, wat twee jaar lank ʼn salaris van Makowsky sal ontvang, is ook by die prys ingesluit, berig The Times.

Die eiendom geniet ʼn 270 grade uitsig van Malibu tot die San Gabriel-berge.

Makowsky verduidelik hy het die perseel aangeskaf nadat hy “op land en met ʼn helikopter” na die perfekte stuk grond gesoek het om die “mees buitengewone, opwindende, dramaties kontemporêre huis” te bou.

“Die huis is vir die miljardêr wat die beste van alles wil hê. Tot nou toe was daar ʼn gaping in die ultraluukse mark vir huise wat naby kom aan die vlak van mega-seiljagte en privaat vliegtuie waaraan miljardêrs jaarliks miljoene dollar spandeer,” het Makowsky bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Louwrens ·

Ai tog. As die eiendom tog nou net n boorgat gehad het dan sou ek wragtig belang gestel het.

Ig ·

Bietjie beknop en klein vir ek en my vrou en 3 honde maar ek sal dit oorweeg.

Justice ·

Ek verstaan alles en dit lyk pragtig maar die 21 badkamers vir 12 slaapkamers slaan my dronk.

Vlooi ·

Ai ek wil nou nie klink soos suur druiwe nie, maar die “huis” het geen persoonlikheid nie, lyk meer soos ‘n hotel as n huis. Louwrens nou lekker gelag vir jou kommentaar.

LS ·

Wie wil nou in so groot huis bly???
Ag nee wat, die binnekant lyk so onpesoonlik en koud !!!

Ina ·

my man het my belowe ons volgende huis gaan nie ‘n kombuis hê nie, so dis klaar 3 te veel. ons hou van son see en braai

E.K. ·

Justice – die baie badkamers is ingeval die kos nie so vars was nie en almal tegelyk moet hardloop! My persoonlike gevoel – lelik. Geen warmte of persoonlike stempel nie. Baie vertrekke maak nie ‘n “huis” nie. Baie boeke, plante en troeteldiere en liefde maak ‘n HUIS.

m ·

Dink nou net kindertjies met vuil handjies by daai leer banke…. hahahah. Nee wat ek bly lekker in my huis. Hier sal jy nie eers kan hoes nie want alles is so duursaam…..

Jane ·

Ag ek en my man en woef sal heeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeerlik daar bly .. Sal net nie al die huiswerk self kan doen nie, lyk na BAIE werk om al daai goetters blink te vryf en af te stof . hehehee

zahn ·

Ek sien nie ‘n Jetmaster nie. Voor hulle dit nie insit nie, stel ek nie belang nie. Sorrie. Ek hou van my braai, want ek wil NOU braai!

Driekie ·

Wag dat ek net my kind vir ‘n paar minute in daai huis los laat……
O genade! Daai huis sal nooit weer dieselfde wees nie ☺

Johann cb ·

Ai, ek het baie lus om die oulike plekkie vir naweke aan te skaf…net jammer elke vloer het nie ‘n swembad nie…

Anton ·

…dit is my nuwe groot huis…nou kan my skoonma vir n maand kom kuier en ek behoort haar dan net so twee keer in daardie tyd te sien…wanneer ek hallo en goodbye se…

Koos1 ·

Moontlik sal die Guptas belang stel?
Skuus hulle kan nie nou VSA toe gaan nie want Trump word vandag ingehuldig!
Persoonlik wonder ek of daar plek is om my Sprite Sport te parkeer?
Sal een van die Ferrari’s of Lamborgini’s dalk ‘n sleephak op hê om my karavaan te sleep?

john ·

Die airwolf helicopter is jaare trug al vernietig in n ongeluk.met ander woorde die berig is nie die volle waarheid!

Netekke ·

Julle daardie is nou ‘n vakansie huis uit’ n biljoen….. Maar nee wat hy is te klein en goedkoop vir my. My hele familie sal nie daarin pas nie…… Waar is die helipad, ek sien nie een nie, nou waar moet my ou helikopter land…….. Wat dink hulle dan nou???? Lmga

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.