Hospitaal toe vir ʼn niersteen, huis toe met ʼn baba

Shaun Jude Jaegers (Foto: Michael Jaegers, Facebook)

Shaun Jude Jaegers (Foto: Michael Jaegers, Facebook)

Stephanie Jaegers is hospitaal toe met maagpyn en het vermoed dit is nierstene, maar dokters het haar in kennis gestel dat sy eintlik 38 weke swanger is.

Haar man, Michael Jaegers, het aan die nuusstasie 11Alive gesê daar is byna nie woorde om te beskryf hoe dit voel om te hoor jy gaan ʼn baba kry – oor 30 minute – nie.

Die egpaar se verrassing, Shaun Jude Jaegers, is in Stockbridge, Georgia in die VSA gebore. Hy het 3,3 kg geweeg. “Nou moet ons nege maande se beplanning binne twee dae afhandel!” het Michael op Facebook geskryf.

Talle persone was egter skepties dat iemand nie sou weet sy is so lank swanger sonder om dit te weet nie. Michael het egter in ʼn lang Facebook-plasing verduidelik weens verskeie gesondheidskwessies was Stephanie se swangerskap nie duidelik nie.

“Die vraag op almal se lippe is, hoe het julle vir agt maande lank nie geweet dat julle swanger is nie? Glo my, dis iets wat ek en Steph mekaar al ʼn hele paar keer gevra het wanneer ons soortgelyke stories gehoor het,” skryf Michael. “Steph is egter ʼn ruk gelede deur dokters by Piedmont Henry-hospitaal met pre-menopouse gediagnoseer en dit kon die hormoonwanbalans regverdig wat met ʼn swangerskap gepaard gaan. Shaun was ook boonop ʼn brugbaba, en dit het hom verhoed om rond te beweeg om Steph te laat weet hy is daar. Boonop was sy posisie ook van só aard dat Steph nie ‘gewys’ het nie. Sy het ook steeds haar menstruasiesiklusse gehad – die hospitaal het vir ons gesê dit is seldsaam, maar dit kan gebeur. Boonop het Steph ook ʼn paar weke gelede haar enkel gebreek en sy was dus bedlêend en haar bewegings was beperk. Dit alles het veroorsaak dat ons nie eers aan ʼn swangerskap sou dink nie.”

Dit is Michael en Stephanie se vierde kind. “My ma het gesê God sal slegs dit vir ons gee wat ons kan hanteer. Ons is vir die vierde keer met ʼn engel geseën,” het Michael bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Anita ·

Oulik …. ‘n niersteen met ‘n kappie op !! Baie geluk julle twee … mag hy vir julle baie vreugde bring.

Alida ·

Ag vertel hierdie storie vir iemand wat naief genoeg is om dit te glo. Enige vrou sal weet as sy swanger is. Asseblief.

Sê maar net ·

Ag Alida. Alles in die lewe hoef nie so ernstig opgeneem te word nie. Dis ‘n mooi storie. As jy nie daarvan hou nie, gaan lees dan van die studente wat mekaar met klippe gooi.

Dedrie ·

Alina, ek het ook gedink net baie obese vet vrouens kan dalk nie agter kom hulle is swanger nie, met 2 Kinders amper klaar met skool het ek een aand toevallig op my maag gele en boek lees toe ek ‘n harder knop op my maag voel, huis dokter my vlg dag ondersoek, my gestuur v sonar om gewas te ondersoek, die sonar tegnikus het amper van haar stoel af geval, die gewas was ‘n baba, al 20 weke groot, vandag weet ek van beter, want op 40 het ek my 3e kind gehad. As selfs my GP nie kon agter kom ek is al so ver swanger nie, glo ek dit is heel moontlik dat so iets kan gebeur

True ·

Dit is waar my sus het ook n geval gehad met haar 3de kind. Sy het kroniese blaas en nier probleme. Sy het die vorige dag begin kla oor pyne in haar lae rug en geglo dit is haar niere gewees. En toe die pyne erger raak het sy my uit n vergadering gebel om haar by die hospitaal te ontmoet. Haar man het weg gewerk en het een keer in 3maande kom kuier vir n naweek. So vermoede was daar nie en boonop was sy op die pil. Dr het haar ondersoek en gese hul neem haar op vir verdere toetse. Bloed toetse als. Nie n halfuur nadat sy opgeneem is nie toe kom die baba. Nie eers hul swangerskap toets kon bevestig sy is swanger nie. So glo dit of nie.

Urchula ·

Ek was 5 maande swanger al toe ek uit vind met geen tekens so dit is moontlik

Tersia Smit ·

Dit is nie vreemd nie. Dit het met my gebeur met twee uit my vier kinders. Ek het gemenstrueer tydens die twee swangerskappe. Die laaste een het ook op rug gelê en feitlik amper nooit beweeg nie. My toetse het ook gedurideur teruggekom : Negative of doubtful. Daar is geen verklaring vir dit nie. Die mens verstaan nie maar God beskik. Ek het die wonderlikste kinders van die Here gekry ongeag moeilike omstandighede.

Wenner ·

Wel, Alida, hier is ek! 59 jaar later. My ma het ook nie destyds geweet sy is swanger nie, ook gedink sy in haar menopause. Sy het ook nie gewig opgetel nie. En hier is ek. 59 jaar later. En ek was ook n derde kind. My ma en pa was ewe verras. My pa was al n ouderling in die kerk en hier word hy weer pa hahahaha! Daardie kindjie is miskien onbepland, maar beslis nie ongeliefd nie. Net soos ek. En as ek na (daardie) klein gevreetjie op die foto kyk, lyk dit of hy wil sê: LEKKER uitgevang heheheh!

Jakoba ·

Ag regtig Alida? Jy is naief hoor. Ek is in die mediese veld en dit gebeur baie, niks snaaks daaraan nie. Moet tog nie jou mond rek oor goed wat jy nie veel van weet nie. Net omdat jy ‘n kind/kinders het beteken regtig nie jy weet alles nie of maak van jou ‘n kenner nie. Lees die storie weer.

roetie ·

Alida mre

yor ek was self daar toe ek by dokter kom was ek 8mnd en twee weke ver so wie se dit is nie so nie
ek is vandag 60 maar daardie baba is vandag 23jaar oud ALLE EER AAN MY MEESTER
en baie sterkte aan daardie ouers met hulle verrassing. HY is te pragtig

Annelize ·

Ag aarde Alida! Dis wat mens “Goedvoel nuus” noem, so tussen al die “gloom & doom” deur. Dieie vrou het ‘n pragtige lewe in die wereld ingebring, en al wat jy doen is “to suck the life out of the world”.

Lizzy ·

Well met my 1 ste meisiekind was ek 5 maande :) toe kry ekgriep en Dr. To selle tyd v my gese hy vermoed ook eks swanger. My gyni kon nie glo ekt geen naar,soeibrand,moods cravings ens nie (ek was op die 3m spuit so ook nie geweet hkm eki daai tyd gekry het)

Blom ·

Een van my beste vriendinne was eers “‘n blindederm wat gebars het”…dis al wat die dokters kon dink soveel pyn veroorsaak!

FJD ·

Die wat skepties is dit gebeur wel – my ma was 6 maande swanger met ons laatlam boeta toe sy dokter toe is met baie skete en omdat sy nie gewig kon verloor nie. Sy en my pa het NOOIT in hul lewe gedink dat sy swanger kon wees nie.

Marietjie ·

Kyk daai ou glimlaggie. Dis te oulik! Baie geluk aan die egpaar.

Rina Pretorius ·

Alida, natuurlik kan dit gebeur, dit het met my vriendin ook gebeur, sy het haar figuur deur die tyd behou en ook haar menstuasies, daar was geen maar geen aanduiding dat sy swanger kon wees nie, so ja dit gebeur, weliswaar raar maar dis waar

Rina Pretorius ·

daai glimlaggie se alles, dit se mooi vir sy ouers “het julle lekker gevang hoor, vat so katvis”

Idi ·

Alida

Glo my dis moontlik, Veral as jou hormone nie is wat dit moet wees nie, Met my eersteling het ek glad nie vermoed ek is swanger nie en het manlief my aan bevel om n huis toets te doen wat getoon het ek is swanger, Nie te praat van Nr twee wat op pad is nie, Het glad nie verwag nie en het n huis toets gedoen wat die keer negatief was, n week later is ek Dr toe om te se ek dink die hormone is terug na hoe hulle was voor my 1ste swangerskap nou ja daar het ek die nuus gekry dat ek reeds 13weke swanger is, En as ek dit net ignorer het soos ek wou sou ek glad nie gedink het ek is swanger nie, ek is reeds 22 weke en lyk nie eintlik swanger nie. Ek het ook nie swangerskap tekens nie. So ja ek glo dis moontlik

Denise ·

Se maar net stel dit baie oulik vir Alida hoekom so bitsig wees baie vrouens gaan deur n swangerskap sonder dat hulle bewus is seker te bedrywig !!!!

twakkies ·

En ons almal weet wst het met dog gebeur. Gedog dit is n niersteen toe is dit n poplap. Kul jou hier en kul jou daar en siedaar — maakgroot

Neilia ·

Kyk n niersteen word verwar met kraampyne, maar ek kraam eerder voor ek n niersteen het. En dalk het alida nog nooit iemand teëgekom wat nie weet dat hulle swanger is nie, glo ook nie dis nodig om haar aan te val nie. Elkeen het sy reg om n oppinie te lewer jy se patato ek se patatoe .

Onkant ·

Dit het my ook oorgekom, 31 weke. As jy dit nie beplan nie gaan jy ook nie vir die tekens kyk nie……dit is wat mens noem n wonderwerk!!!

marie ·

Dit gebeur….. ek was maar 50kg met n size 24-26 broek gedra. Ek het letterlik GEEN tekens gehad nie. Ek het wel nog my tyd gesien ook. Toe ek aanmelt vir my oor operasie toe kom my dokters agter eks 7 en n halwe maande swanger. Ek het nie eers n boepie of niks gehad nie. Dit was met my 1ste kind. Met my 3de kind het ek weer niks simtome of iets gehad nie toe hulle toetse doen om te kyk hoekom bloei my niere toe vind ons eers uit eks weer sover swanger. Hulle al 2 is dogtertjies. My seuntjie het ek van dag 1 af geweet hys my 2de kind. En met al 3 was ek fiesies in kraam maar tot van dag weet ek nie wats n kraampyn of druk pyn nie ek kry nie sulke goed nie.

lynette ·

Ai dit was n suprise . Ek was ook al 4 en half maande swanger sonder dat ek weet . As my baas nie duitse masels gekry het nie . Maar ja hy is gebore en die mooiste in die hele wereld .

Annelize ·

Dis nou die oulikste niersteen wat ek in my lewe al gesien het! Daardie trek om sy mondjie lyk amper of dit wil se: “Surprise, julle suckers!”

gelukkig ·

My suster se dogter is nou swanger en die babe kom in Februrie, en sy kry nog elke maand haar maandstonde. En daar is n program op DSTV wat ek elke saterdag middag kyk wat hulle wys van babas wat gebore word sonder dat die moeders weet hulle is swanger, so dit is moontlik

Santie ·

My vriendin het ook laat in haar swangerskap uitgevind. Sy was boonop jare gelede gesteriliseer. Toe die Dokter vir haar sê sy is swanger, het sy hom uitgelag. Haar kinders verskil 16 jaar. So ja dit is moontlik, veral as jy dit nie verwag nie. My ma het altyd gesê: as jy agter’n man se rug inkruip, moet jy nooit sê ek sal nie swanger raak nie.

charlene ·

shoe, dis nou `n verrassing, en ek kan haar storie glo. Ek was presies 10 maande swanger toe my dogtertjie gebore is, my ertjiepit (soos my pa haar gedoop het omdat dit gelyk het of ek `n ertjiepit ingesluk het), ek het mood swings gehad maar ek het dit nog altyd gehad, ek het amper niks gewys eers. My tannie het vir 9 maande haar maandstonde gehad toe sy swanger was. Dis nie onmoontlik nie, die baba is sowaar is geskenk reg van bo.

Lekker man LEKKER ·

Ahhh awesomeness! So pragtige geskenkie direk uit die hemel. Baie geluk met daardie pragtige en kosbare “Niersteen”. Ek dink dit is n awesome; lekker Vrydagmiddag rubriek! Ek glo daardie niersteentjie gaan vir sy ouers net absolute vreugde bring. Eish man dis n lekker surprise…… Lekker man Lekker!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.