Ma se spesiale ‘drukkie-knoppie’ het ouers gaande

Foto: Louise Mallett, Facebook

ʼn Ma van drie word geloof vir haar kreatiewe manier om haar angstige seuntjie deur sy eerste dag by die skool te help.

Louise Mallett (30) van Ipswich in Engeland was bekommerd dat haar seun, Max, tydens sy groot dag sonder haar sou sukkel. Sy het bypassende hartjies op haar palm en Max se palm geteken en gesê om dit te druk, is soos om ʼn drukkie vir mekaar te stuur.

Haar plan was baie suksesvol en sy het haar idee in die Facebook-groep, The Motherload, gedeel. Duisende ouers het vinnig haar “eenvoudige, mooi idee” geloof.

“Ek het vanoggend geweet hy is bietjie emosioneel, so ons het gesels en ek het besluit om die hartjies te teken – dit het wonderlik gewerk!” het Louise in haar plasing geskryf. “Ek het sommer ʼn ekstra een op sy arm ook geteken, indien die een in sy palm sou verdof. Ons het hande vasgehou op pad skool toe, sodat ons die hartjies kon ‘laai’. Toe ek hom die middag oplaai en wou hoor of hy my drukkies gekry het, het hy vrolik ‘ja’ gesê!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rika ·

dit is te dierbaar vir woorde. So n oulike idee. Soms het die kindertjies net daardie bietjie aanmoediging en versekering nodig.

Erika ·

Ag dis gr8 idee danq dat jul dit gedeel het! Niks so kreatief so moederliefde

Natasha ·

Dit kom uit die storieboek..Kissing hand van Audrey Penn..sê maar net..lol?

Francois du Toit ·

Wat ‘n mooi idee. Ek was in die koshuis en so iets sou die lewe draagliker gemaak het.

Petro D ·

Dis ‘n mooi gebaar. Kinders is wonderlik. My oudste seun het eendag baie tranerig vir my gevra hoekom ek hom dan nie vroeg kom haal het nie. Hy het by die deur gewag. Ek verduidelik dat ek die hele dag gewerk het, maar hy was hy nie oortuig nie, want hy het my dan die hele tyd geruik! Toe ek die volgende dag navraag doen by die skool, vertel hulle my daar was iemand wat parfuums verkoop het, en dis toe ek besef, hy koppel daardie reuk aan sy ma. Ek het nou nog ‘n bottel en spuit dit aan as hy kom kuier – hy is nou al 28.

Ella ·

Wat n pragtige gedagte al kom dit van waar… Petro jou storie raak aan my hart.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.