Selfoongebruik in die donker kan jou tydelik blind maak

Argieffoto (Foto: DailyMail)

Argieffoto (Foto: DailyMail)

Dokters van New England in Amerika het twee vroue se ‘tydelike blindheid’ glo toegeskryf aan die manier waarop hulle hul selfone in die donker gebruik.

Die dokters het die gedetailleerde gevalle van die vroue, wat onderskeidelik 22 en 40 jaar oud is, in die New England Journal of Medicine bekendgemaak.

Die vroue het glo oor herhalende 15-minuut-episodes van tydelike blindheid gekla. Hoewel die vroue deur verskeie toetse, MRI-skanderings en harttoetse is, kon die dokters nie die oorsaak van die probleem opspoor nie.

Die probleem is egter gou opgelos nadat dr. Gordon Plant van die Moorfield-oogsentrum in Londen die vroue ondersoek het.

“Ek het hulle bloot gevra wat hulle doen voordat dit gebeur,” het Plant verduidelik. “Beide het gesê hulle kyk met slegs een oog na hul slimfone terwyl hulle op hul sy lê met hul koppe op die kussing.”

Plant verduidelik die brein is sterk genoeg om die een oog te laat ‘aanpas’ by die lig van die slimfoon se skerm, terwyl die ander oog in die donker aanpas. Wanneer die vroue dan hul slimfone bêre, het hulle vir ʼn geruime tyd net visie met een oog.

“Dit neem egter etlike minute vir die een oog om weer by die lig of donker aan te pas,” het hy bygevoeg.

Plant het egter gesê dat tydelike blindheid nie gevaarlik is nie en ook maklik voorkombaar.

Bron: Gadgets 360

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Uys ·

Net in die VSA
Die twee gaan nou seker hof toe gaan omdat daar geen waarskuwing is dat jy tydelik kan blind word as jy nie kommensens gebruik nie.
Plaas maak sy die een oog weer toe en ander oop. Dan sal jy sien polap

o gaats ·

En.. Hier lê ek dit en doen.! Darem nie my sò getref net nekstyf.
Dankbaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.