Tamagotchi keer terug

Die Tamagotchi (Foto: Bandai)

Tamagotchi – een van die gewildste speelgoed en tydverdrywe van die 1990’s – maak weer sy verskyning.

Die internet het die afgelope naweek behoorlik gegons oor dié aankondiging wat die Japanse maatskappy Bandai verlede week gemaak het.

Bandai was in die vroeg 1990’s ook die oorspronklike vervaardiger van dié “tegnologiese troeteldier”.

Die eerste Tamagotchi is in 1996 in Japan gemaak en dié speelding het die volgende jaar sy verskyning in die VSA gemaak en wêreldwyd een van die gewildste speelgoed van sy tyd onder veral jongmense geword.

ʼn Tamagotchi is ʼn “troeteldier” wat jy deurgaans “aandag” en “kos” moet gee om te verseker dat jou troeteldier aan die lewe bly.

Die jongste speelding is tot dusver nog net in Japan beskikbaar teen ¥2 000 (ongeveer R250), maar kan deur Amazon gekoop word.

Dit is nog onseker wanneer die speelding wêreldwyd beskikbaar gestel gaan word, maar The Telegraph berig dat Bandai met die laaste stappe besig is om weer “geluk na kinders, wêreldwyd, te bring”.

Bron: The Telegraph

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cindy Olivier ·

Ek het een net 2 weke terug gekoop op Facebook by Trendy Hippo. En dit was darem nie R250 nie (LOL)

Die wat graag wil weet waar, hier is die link na hul facebook blad
http://www.facebook.com/trendyhippo

Ek sal solank hulle in kennis stel dat ek soek kommisie :) :p

Ivy ·

Lol gelukkig het ek nie meer klein kindertjies nie. Ek het nagte gesit met my seun sin. Gevoel of daar nog n baba in die huis was

Daan Erasmus ·

Ek gaan vir my kleinkinders koop. As straf vir my kinders. Ek moes hoeveel maal in die nag opstaan om die gedoente te “voer” anders vrek hul.

Carel ·

Wat ‘n klomp snert! Het die mense niks beter om hulle mee besig te hou nie? Op ‘n stadium het mens ook ‘n “pet rock” te koop gekry, dit was ‘n klip in ‘n netjies opgemaakte houertjie wat jy dan moet versorg as ‘n troetel dier. Hierdie alles is bedoel vir die verbeeldingrykes wat nooit in hulle lewe in die realiteit stap nie.

Abrie ·

Carel,
Ek stem saam. Tydmors. Jonges het ‘n lewe om te ontdek.

Luiperd ·

vreemd… ek het een gehad en tog leef ek vandag ook in die “realiteit” sonder fabels en lugkastele.

Joune is seker dood toe jy ‘n kind was en nou sukkel jy steeds om dit te verwerk.

Sal maar vir my kind een koop met die R250 wat haar pa in die “realiteit” verdien het. Sal haar net moet waarsku om nie te verdwaal in haar “verbeeldingryke” koppie nie, nou nou kry sy nie eendag ‘n man nie en dan bly sy vir altyd op straat sonder ‘n werk of enige iets wat deel is van die “realiteit”.

Sorry man, het vir ‘n oomblik weg geraak in my verbeelding… nou sien ek wat jy bedoel… oh oh

E ·

Ek dink dis baie oulik. En die wat kla? sit en tik nou lekker op hul selfone wat ook maar seker ń boosding is. God het die mens ń brein gegee om te kan skep, sonder breinkrag sou ons nie die wonderlikke speelgoed kon hê nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.