[Video] 3-jarige se reaksie oor pop roer harte

(Foto: skermskoot uit die video)

ʼn Driejarige seuntjie, Austin Mitchell, van Dundee in die VSA raak wêreldwyd harte aan in ʼn video waar hy ʼn geskenk oopmaak.

Die video waar hy ʼn pop kry wat soos sy pa lyk is 17 April op YouTube gelaai.

Sy pa, Barry Mitchell, werk vir die vloot en is soms dae lank buite bereik. Rebecca Mitchell, Austin se ma, het besluit om vir haar seun die pop te gee sodat hy dit kan vashou as hy na sy pa verlang.

“Elke aand het Austin vir my gevra waar sy pa is. Dit is moeilik om elke keer te verduidelik hy kan nie sy pa sien nie en dat sy pa op die see is. Ek was nie seker wat hy gaan doen met die pop nie, maar sy reaksie het my nogal emosioneel gemaak,” vertel sy ma.

Hy neem die pop oral saam met hom, selfs na sy kleuterskool wat gewoonlik nie speelgoed van die huis aanvaar nie, maar ʼn uitsondering vir Austin gemaak het.

Die pop is gemaak deur Huggable Heroes. ʼn 33-jarige ma, Jo Lomax, bestuur dié onderneming sedert 2015 vanuit haar ma se kombuis. Lomax maak poppe aan die hand van foto’s van geliefdes vir kinders wat skeidingsangs ervaar.

“Ek weet hoeveel dit my kinders gehelp het met hulle skeidingsangs en die verhouding wat hulle met hulle pa het. Om dieselfde vir ander gesinne te doen is ʼn wonderlike gevoel,” sê Lomax.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

LB S ·

Die blydskap en liefde op daai ou gesiggie oor sy Pa, te kostelik. Soos hulle sê: “Priceless”!

Thea ·

Te kostelik vir woorde! Daai mamma moet n medalje kry vir oorspronklikheid!
Well done!

Janine ·

Daai gesiggie spreek boekdele! Ek is sommer in trane. Mamma, jy is ‘n ster!

Jane ·

Wonderlik, pappas kan nie altyd by die kinders wees nie, en die mammas moet maar die beste van ‘n saak maak. So goed om te sien hy reageer so positief en liefdevol teenoor hierdie pappa-poppie van hom .. te pragtig vir woorde … ‘n foto kan jy nie hug nie, hierdie is ‘n awesome idee.

Theresa ·

Fantasties! Die cuteste outjie met opregte blydskap!!!! Jippie vir ma se goeie plan om Jo Lomax se besigheid (BAIE visie!!) te ondersteun. Hou so aan – baie positief en verskaf blydskap en vreugde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.