[Video] AB en sy vrou sing saam

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die Protea-kolwer AB de Villiers, wat tans vir die Royal Challengers Bangalore (RCB) in die Indiese Premierliga-reeks (IPL) speel, het darem ook tyd gekry om ʼn video te maak van waar hy en sy vrou saam sing.

Die video wat deur die RCB op YouTube gelaai is, wys hoe AB en sy vrou, Danielle, die bekende liedjie, “When you say nothing at all”, van Ronan Keating sing.

Dit is nie die eerste keer dat Danielle haar sangtalent ten toon stel nie. Sy en die Australiese krieketspeler, Shane Watson, het verlede maand Sia se trefferliedjie, “Titanium”, gesing.

AB het in 2010 ʼn album saam met sy vriend, die sanger Ampie du Preez, opgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.