Video: Babawiegie wat slaap vir ma en baba verseker

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Talle ouers met pasgebore babas sê hulle sal enigiets gee vir een aand se goeie nagrus – en een maatskappy beweer hulle het die antwoord.

Ouers is gewoonlik uitgeput, omdat hulle deur die aand wakker gemak word en moet opstaan om hul babas te troos. Die SNOO Smart Sleeper is ʼn hoëtegnologie-wiegie wat dadelik met behulp van verskeie mikrofone bespeur wanneer baba begin huil. Indien die wiegie bepaal dat jou baba huil in plaas van slaap, begin wit geraas speel en sus jou baba heen en weer totdat hy of sy weer slaap.

SNOO sus jou baba aan die slaap wanneer jy hom neersit vir die aand se nagrus en monitor dan deurnag jou baba se slaap.

Die maatskappy beweer dit is die “slimste” en “veiligste” babawiegie in die wêreld en die wit geraas en beweging kan verstel word soos wat jy dit verkies.

Dr. Harvey Karp, ʼn pediater en kinderontwikkelingskenner, het die wiegie in samewerking met MIT-nywerheidsontwerpkenners ontwerp.

Die “wonderwerkwiegie” gaan jou $1 116 (ongeveer R15 500) uit die sak jaag. (Koop die wiegie hier.)

Daar is baie goeie resensies op die webwerf, maar nie alle sosialemediagebruikers is opgewonde oor die produk nie. “Jou baba het juis jou liefde en aandag nodig,” skryf een gebruiker. “As die masjien sou breek is daar geen manier om te weet watter skade dit sal aanrig nie,” meen ʼn ander. “Dis pateties,” en “Gaan ons dan nou nie meer ons babas voed deur die aand nie, hulle bloot net aan die slaap sus?” het ander gebruikers laat hoor.

https://www.facebook.com/mashable/videos/10154538898149705/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

marina ·

Nee wat ek dink n ouma is baie goedkoper en dan kry baba nog steeds aandag en liefde.

NJ ·

Nee aarde tog! ‘n Baba so vasgespe (soos wat hul jare terug gemaak het met persone met gestremdhede)… Nie sies man!

Uvonka ·

Nee genade waste geite gaan hulle nou nog mee vorendag kom? Ek het my vier kiddies asook my vyf kleinkinders op die ou manier grootgemaak, moes maar opstaan wanneer dit tyd was vir voeding en doeke omruil en die band wat daar nog hewiger gevorm het in daai troetel oomblikke is “priceless”.

charlene ·

En Uvonka ek is seker daar is vandag `n baie spesiale band tussen jou en jou kinders asook jou en die kleinkinders. Dis dalk ou manier maar dit was verseker die beste manier, want dis met liefde gedoen.

Uvonka ·

Verseker is dit so Charlene. Geen foefie op die mark wat alles kastig makliker maak, kan daai spesiale oomblikke vervang nie.

Magaretha ·

Ek sal nooit gerus wees as my baba so op sy rug vasgekeer word nie. As die baba regurgeteer waar loop die kossies dan heen? Hy asem dit in en verstik Alle babas regurgeteer Tensy ek die kontrapsie verkeerd verstaan maar dit lyk vir my die baba kan nie roer nie Die gerief van ouers moet nooit voor die veiligheid van die kind kom nie Hoekom kinders he as hulle n las is?

E.K. (vra net) ·

n Baba kan selfs in die baarmoeder vrylik beweeg, skop en arms swaai so hoe kan dit nou goed wees om die arme baba so “vas te maak”? Dis soos ‘n “straight jacket” en lyk vir my verkeerd. Wat kan langtermyn ontwikkelings nagevolge wees as baba nie vrylik kan beweeg nie? Gaan spiertonasie daaronder ly? Wat van ‘n tipe skeidingsangs omdat die ma/pa/ouma nie optel en reageer as baba huil nie? En die geskud – nee genade ek sal sommer seesiek word as dit ek was! Mense moenie na enige “oplossing” gryp nie. Opstaan en slapelose nagte is deel van baba grootmaak en as jy nie ‘n nagverpleegster/versorger kan bekostig en jy wil nei opstaan nie, moet jy maar liefs weer dink voor jy kinders kry.

Schalk ·

Eerlik wat gaan aan met vandag se ouers? Maggies, maar hulle wil alles geniet en dan nog gemaklik wees. Jammer maar ek dink ons waardes en verandwoordelikheid is besig om al minder te raak en nou moet ons tegnologie gebruik om hulle te laat rus.
Ek dink werklik dit is pateties.

Michelle ·

Good luck met my twee dogtertjies!! Hulle het nooit ooit van “swaddle” gehou nie. Hulle het ophou huil die oomblik wat hulle “vry” was…

Daardie bietjie ekstra liefde, 1 tot 1 aandag,… en al die ekstra bid (vir slaap! wysheid en geduld)… Dis mos deel van die lekkerte van Mamma-wees.
Nou die dag in die apteek wou ‘n dametjie aan my duur oogroom verkoop “vir die donker kringe”… Nee ah! Ek werk mos daarvoor! Dis so kort rukkie… hoogstens ‘n jaar of 3.

Nee wat. Tel jou kind op. Liefie daardie lyfie so veel as moontlik! Hulle word te vinnig groot.

Michelle ·

Ek is werklik geskok, wat as die baba nie hou van vasgedruk word nie? So plat op die rug ook nog, wie slaap so? En dan nog erger, babas huil nie net vir aandag nie, hul huil oor hul doek dalk nat of vuil is, of n wind het wat vassit of nog erger in die geval honger is…….so gaan die mammas en pappas dan nou maar net le en slaap terwyl hul arme babas huil? Dis discusting to say the least!!!!!!!

Chrissie ·

Nee genugtig, met so geskud hele nag deur sal die kind breinskade kry, dan praat ons nie eens van die winde wat loskom en die kleinding dan in sy eie melkies versmoor nie.

Nee liewe ouers los dan maar vir iemand wat wel kinders wil hê en geniet jou slaap.

Savethetigerplz ·

Siek. Dit lyk soos ‘n straight jacket, ek raak skoon benoud as ek die video kyk. ek hoop hulle verkoop niks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.