[Video] Bulls-stut ʼn internetsensasie ná sangvideo

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

“Op een begin ou Pierre, hy dra bietjie die bal. Op hakker is ou Edgar en hy skrum die ouens mal. Op vasskop is ou Trevi [Trevor], dáái ou kan nie val. En Piet van Vrede het vrede in sy hart, hy step die ouens flou…”

Só het die Bulls-stut, Pierre Schoeman, op 17 Maart sy spanmaats in hul sege teen die Sunwolves op Loftus Versveld ‘gelei’ in ʼn liedjie wat bedoel was om al die spanlede en ondersteuners te motiveer.

Dié video, waarin die gewilde rugbyspeler sy eie liedjie op maat van die musiekgroep Smokie se liedjie “Alice” sing, versprei nou soos ʼn veldbrand op sosiale media.

“Loftus Versveld is bietjie leeg, party supporters wil selfmoord pleeg – Maar ons fans op Loftus is alles; julle is álles,” sing hy verder.

Die Bulls het op 17 Maart die Sunwolves met 34 – 21 oorwin. ʼn Volgepakte stadion het hulle toegejuig.

Die video is al meer as 130 000 gekyk en 2 000 keer gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

sommer iemand ·

Die stadion was ongelukkig bitter ver van vol. Maar so 9000 mense.

JJ ·

AAI GAAN DIT SO SLEG DAT MANNE MOET SING VIR GELD!!! EK SPOT NET BAIE GOED GEDOEN TJOM. EK HET NOU LEKKER GELAG.

Bokkie ·

Ek is nou geensins n Blou Bul ondersteuner nie – maar moet moet sê – baie oulik!

Ansie Geldenhuys ·

Hallo, ek is ‘n Stormer ondersteuner, maar die outjie het dit soo oulik gedoen …………..baie geniet! Stormers ……………. wys julle slag met musiek asseblief. Kyk hoe goed het hierdie bul gevaar!.

Davie ·

Hy moet ophou liedjies sing en eerder fokus op sy werk en spel. Hulle kan nie meer met hul spel die mense op loftus kry nie, nou moet hulle al begin liedjies sing! Shame

Happy ·

Davie, is jy altyd so negatief? wat het geword van jou humorsin?

Rynhardt ·

Hoekom is Pierre Schoeman nog nie benoem vir presidentskap nie?? Sodra iemand die regte ding doen, moet hy mos president word of hoe??Kom nou blou bulletjies benoem hom en gee hom sommer n bells!

BB van R ·

Moes geweet het, weer slegte kommentaar van ons ou volkie, kyk ONS KAN mos nie die mooi in ander raak sien nie…!! wil net altyd beledig…As jy EEN persoon laat glimlag het, (soos vir my) het jy reeds goed gedoen..SING gerus voort…!!

Sensasie ·

Fokus eerder op die game. 1 liedjie, 2 verlore en n wen teen rang D. Well done.

Ruby ·

Ek het dit baie geniet, dit wys hy het ‘n sin vir humor.

Almal wat so mor, haal diep asem en wees rustig.

Chriszelda Steyn ·

hahahaha mooi man! like jou gesigs uitdrukkings met die woorde! sing hom pappie, sing hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.