[Video] Die duurste pophuis ooit

Die Astolat-pophuiskasteel ter waarde van ongeveer $8,5 miljoen

Die Astolat-pophuiskasteel ter waarde van ongeveer $8,5 miljoen

Die Astolat-pophuiskasteel is die duurste pophuis ter wêreld met ‘n waarde van ongeveer $8,5 miljoen (R121,6 miljoen).

Die pophuis weeg meer as 360 kg en is 270 cm hoog. Die pophuis is van museumgehalte en het 29 vertrekke en ʼn towenaarstoring.

Die Astolat-pophuis is geïnspireer deur die fantasiekasteel in Alfred Tennyson se gedig aan die Lady of the Shalott en is oor ʼn tydperk van 13 jaar, tussen 1974 en 1987, gebou.

Elaine Diehl, miniatuurkunstenaar, was hoofsaaklik in beheer van die bouwerk, maar sy het met kunstenaars dwarsoor die wêreld saamgewerk.

Lees meer oor die pophuis: Wikipedia, Facebook, Bloomberg-fotorubriek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

peanut ·

Dit sal awesome wees as die eienaars hierdie pophuis wereldwyd kan uitstal teen n minimale fooi, en alle gelde wat inkom skenk aan daardie land se armstes, vir n klein geskenkie komende Kersfees, vir elke arm kind

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.