[Video] Eerder ʼn Cheetah as ʼn Bul, sê eerlike 11-jarige

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn 11-jarige seun van Pretoria maak opslae nadat hy vandeesweek tydens ʼn Blou Bul-rugbyfees op Loftus Versveld prontuit sy ondersteuning vir die Cheetah-span op die tuisveld van die Blou Bulle voor ʼn skare van duisende verklaar het.

Roux Heyns, die seun wat as die speler van die wedstryd in ʼn voorwedstryd gekroon is, het in antwoord op die vraag van ʼn onderhoudvoerder of hy eendag as Blou Bul op die einste veld sal wil uitdraf, prontuit “nee” geantwoord.

“Nie rêrig nie, oom,” was sy antwoord. “Ek sal as Cheetah op die veld wil uitdraf!”

Roux se pa, GF, het aan Maroela Media gesê sy seun was nog altyd baie eerlik en reguit. “Hy kan nie sommer ʼn leuen vertel nie; selfs nie eers ʼn witleuentjie nie, al is dit ten koste van homself. Dit maak die hele saak so snaaks, want volwassenes het nooit as te nimmer verwag dat ʼn jong seuntjie sal sê hy wil nié ʼn Bul wees nie.”

Hy sê Roux wil in dié stadium eerder gaan studeer as om eendag rugby te speel. GF is self ʼn kranige Cheetah-ondersteuner en hy vertel al drie sy seuns se gunstelingspan kom waarskynlikheid van binne die gesin se huis.

“Ons kom van die Vrystaat, voor ons hierheen verhuis het. Vandaar ons lojaliteit aan die span.”

Intussen het Kobus le Roux, hoof van bemarking vir die Cheetahs, gesê dié span waardeer klein Roux se ondersteuning en wil hom bederf met gratis kaartjies vir hom en sy gesin vir die Cheetahs se volgende wedstryd op Loftus in April.

“Ons gaan ook sy gunstelingspeler kry om vir hom ʼn bal en ʼn trui te oorhandig; alles net omdat hy vir die regte span skree,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Voorlaaier ·

Nee boetman!!….Jou pa het jou verkeerd geleer!….Hy het nog al die jare vir jou gejok!..

TS ·

Regso ou seun . Ek is nie n cheetha nie maar stem saam met jou. Enige iets behalwe n blou bul.

Alwyna Holtzhausen ·

Die seisoen is nog lankkkk. Wie laaste lag…onthou maar diegene wie so hatig is op die BULLE!

Piet Vrystaat ·

MOOI MAAT BLOUBULLE WORD GEKOOP… Daar is net EEN staat
..en dis die VRYSTAAT

Lientjie ·

Uit die mond van die suigeling kom die waarheid, wat ‘n eerlike opinie deur n jong seun, wat weet wat hy in die lewe wil hê, mooi so seun, jy is oo die regte pad, ons Cheetahs kan maar hier in blou bul wereld bly, maar ons is steeds lojaal, teen ons liewe Cheetahs.

Pieter ·

Kostelik. Eerlikheid is n uitstekende eienskap en ek glo jy sal di t nog ver bring. Welgedaan.

Charlie ·

Wonder wie het hom gebribe.Gelukkig het ons elkeen ons eie mening oor die spanne.Sou hy dalk n Shark wou wees as dit die sharks was wat teen die Bulle gespeel het.My bloed bly blou wen of verloor

thea ·

ek stem elke persoon het die reg om te besluit vir wie hy ondersteun en skreeu voor. dit is net sport,maar moenie leilik raak oor n ander span nie. dit gaan my verstand te bowe oor die leilikheid teen oor die Blou Bulle. die span het nie pes nie

piet ·

Waar gaan slaap die bulle as hul in BLOEMFONTEIN speel…..by hul OUERS.As dit nie vir die Vrystaat was nie,sou die bulle nie die bulle gewees het nie.Daai jong man is reg groot gemaak

Christo ·

Piet, hoeveel van die Bulle is dan Vrystaters? Dalk kan jy vir my n indikasie gee?

Lynni ·

Op die foto waar onderhoud met seun gevoer het lyk dit baie beslis nie of daar duisende mense op paviljoene is nie. Paragraaf 1 van berig.

Hugo ·

Baie geluk!! Hou by jou beginsels. Ons is ook Vrystaters wat al sedert 1989 in Blou bul land bly en is nogsteeds Cheetah ondersteuners. Jy ondersteun nie n span net omdat hulle wen nie. By die skole in PTA word kinders aangemoedig om blou bul klere aan te trek op n Vrydag, veral voor belangrike wedstryde ter ondersteuning van die blou bulle. Ek dink nie een van ons het n probleem daarmee nie maar indien jy nie n bul ondersteuner is nie moet jy eintlik skool klere dra. So as die bulle teen n span van jou keuse speel mag jy nie jou ondersteuning wys nie. My dogter ook n Vrystaat ondersteuner het toe haar Cheetah trui aangetrek, toe word daardeur n onderwyser gese sy is baie braaf. Sy het dit maar weer en weer gedoen en haar lojaliteit bewys en was nie geiintimideer deur onderwysers of groep druk in die skool nie. Hierdie seun het ook sy lojaliteit bewys en dit op Loftus verklaar wat merkwaardig is.

Kobus ·

Baie dankie aan die Cheetah maatskappy se mooi gebaar. Net nog n rede hoekom ons wel ons kinders ook grootmaak as Vrystaat ondersteuners

Theuns ·

Steve se liedtjie se woorde is so waar…”n bul eet nie van die grond af nie”,ek sou ook nie wil as daar elke saterdag beesmis of sal ek nou sê bulmis op die velde lê nie…LMGA !!! Cheetahs is wel my 2de span en lê my al die jare nog na aan die hart!!

Francois ·

Die Video wys nie – “Flash: SWF File not found…”

Mariné Lourens ·

Dagsê Francois

Ons vra om verskoning vir die probleem. Daar het ‘n tegniese fout ingesluip wat veroorsaak het dat die video nie vertoon het nie. Dit is reggestel en die video speel nou weer.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.