[Video] Hond raak jaloers as ouma kleinkind wil optel

Foto: ‘n Skermskoot uit die video.

Die Amerikaanse TV-program America’s Funniest Home Videos het ʼn video op sy YouTube-kanaal geplaas wat jou sal laat skater.

In die video sit ʼn vrou op die bank met ʼn hond wat aan haar linkerkant op sy rug lê. Aan haar regterkant op die bank, lê haar kleinkind. As sy haar kleinkind probeer optel, trek die hond aan haar arm met sy twee voorpote. Eers wanneer die vrou haar arm laat sak om sy kop te vryf, lê die hond weer rustig. Sodra sy weer na haar kleinkind mik, trek die hond haar arm weer terug.

Dis maar moeilik om aan te pas, veral as jy vir lank die enigste kind was….

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

E.K. ·

My hond is net so erg, as ek oor die selfoon praat staan sy op en krap krap met haar pote teen my. As ek aan die ander honde vat wil sy die piep kry en beklim my en hap en knor iets vreesliks vir hulle (en hul is almal baie groter as sy). As ek en my man mekaar liefie is sy jaloers – sy is heeltemal te erg. Maar sy was mishandel by vorige eienaars so seker die. Meestal verduur mens dit maar juis daaroor maar soms maak sy my gek!

Fran ·

…….totdat die “honde-kind” die baba byt, dan is dit wat nou snaaks is ‘n erge tragedie. Mag dit nooit gebeur nie.

Elize C ·

Ek stem saam Fran, hulle moet maar net mooi dophou dat die hond nie regtig oor-beskermend teenoor sy Ounooi raak en die baba as ‘n bedreiging sien nie. (Die hond sien die baba net as ‘n nuwe ‘mens’ wat hy nie ken nie en te na aan sy Ounooi kom.) Ek sou voorstel dat sy die hond buite die huis sit, voordat sy aandag aan die baba gee, sodat die hond nie die baba as ‘n bedreiging (hetsy vir aandag of gevaar) op sy Ounooi sien nie. Aan die ander kant mag dit dalk wees dat hy in werklikheid die baba wil beskerm dat Ounooi nie aan hom mag vat nie…. dis moeilik om altyd presies ‘n dier se instinkte en “redenasie” ten opsigte van wat hy sien as ‘n bedreiging te pin-point. Gedurende my swangerskap met my oudste dogter, het ons hond my soos ‘n skaduwee gevolg, en niemand mag aan my geraak het nie. Na my dogter se geboorte het haar beskermingsdrang netso oorgeskuif na my dogter, sy het voor haar wiegie gelê en geknor vir enigiemand wat naby kom, ons moes moeite doen om haar te leer wie mag en moet sy maar toelaat. Dit kort baie aandag en geduld om ‘n dier gewoond te maak aan ‘n nuwe toevoeging tot die familie.

Jane ·

Ek stem saam, dit is BAIE CUTE< maar hulle moet nooit daardie woef by die babatjie los nie, want dan is dit weer die HOND se skuld en word hy doodgeskiet as hy iets aan die kind doen. DIT IS natuurlik dat die hond wat sy MAMMA oppas nou nie die verdeling in aandag verstaan nie, en hulle moet ekstra aandag op 'n ander tyd aan hom gee, en NIE saam met die kleintjie nie .. die kleintjie raak vir hom 'n bedreiging en op die ou einde byt hy die kind dan is die HOND WEER SLEG. EN nee ek vat nie die hond se part bo die kind s'n nie, ek vra net WEES VERSIGTIG, ek het self 'n hond en hou hom baie ver weg van kinders want sy het nie met kinders grootgeword nie en sy is mal oor haar mamma, so as ek iemand anders aandag gee GAAN sy aggressief raak. Ek sien nie aggressie in hierdie hond nie, maar dit bly maar in hulle natuur om hulle mense te beskerm.

Janine ·

Absoluut! Dis nou oulik, tot die jaloesie veroorsaak dat die kind gebyt word. Mense moet regtig gaan kyk na ‘bite prevention’ inisiatiewe aanlyn.

Willem ·

Dis ‘n resep vir moeilikheid. Daai hond gaan later die kind byt. Ek is ook lief vir diere maar mense moet oppas

amvi ·

Te oulik!!! Hy sal nie die baba byt as die baba nie eerste byt nie. Ek het nog nooit gehoor van ‘n baba wat gebyt is nie. Dis gewoonlik waneer ‘n kind al groot genoeg is om geniepsig te wees of om die dier te tart.

Willem ·

Daar is talle gevalle al gerapporteer, gaan soek bietjie op Google

‘n Hond kan maklik jaloers op ‘n kind wees en kan byt – wil jy regtig so ‘n kans waag? Selfs ‘n Jack Russell of Maltees sal ‘n baba baie seer kan byt

M ·

Moet almal altyd die ergtste dink. Genade mense die land het genoeg slegte nuus. Hierdie is snaaks, lag daaroor en vergeet daarvan. G’n wonder SA se mense is deesdae so knorrig nie. Net die negatiewe word raakgesien. My honde was net so erg oor my en was baie beskermd oor die kinders, nooit gebyt nie. So get a life en smile.

K ·

ag hierdie liefie woef is hopeloos te oulik… ek verstaan daar is so baie gevalle waar honde kinders byt maar uit ervaring kan ek se ons woefkind is ongelooflik met kinders. Sy is glad nie gewoont aan kinders nie omrede ons nog nie het nie. Al ons vriende het wel en sy is so sag geaard met hulle en as hul kleiner is loop en speel sy sagter sonder dat enige iemand nodig het om vir haar iets te se… en op die ou end pas sy die kinders op en kom roep gou as iets fout gaan… Sy was wel jaloers op haar pa aan die begin maar met baie liefde en baie aandag het sy besef dat dit nog steeds haar pa is sy het nou net n mamma by gekry…. als te kroon sy is n Staffie…..Is n lekker video om te kyk en sit n glimlag op die gesig…

Ann ·

Ons as Suid Afrikaners sien altyd die sleg in alles raak. Dis eintlik hartseer dat ons nie meer die snaaks of goed raaksien nie.
Ons moet regtig leer om soos ñ kind na dinge te kyk. Kinders is so opreg en ons kan werklik baie by hulle leer. Gaan kyk weer na die video – die hond is nie byterig of grommerig nie, is hy? Hy soek net die aandag hy wil dit nie deel nie.

Janine ·

Die sleg hierin is die feit dat AS iets gebeur, die hond die skuld gaan kry en tien teen uitgesit gaan word. So as my negatiewe opinie een hond kan red van mense se ‘stupidity’, is dit goed en gaaf.

A ·

Vir my lyk dit maar baie aangesit. As jy jou kleinkind wil vashou, staan op en vat die kleinding.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.