[Video] Nuwe advertensie laat kykers glimlag

Skermgreep uit die video

ʼn Nuwe advertensie van die kitskosrestaurantgroep Chicken Licken van ʼn jong seun in Ysland wat skielik Afrikaans begin praat, het kykers gaande.

Die advertensie begin met die gesin wat verduidelik oor die seun wat skielik ʼn “vreemde taal” begin praat. “Ek kom, ma!” reageer hy as sy ma hom roep vir ete. “Piesang,” sê hy in antwoord op ‘n flitskaart met dié vrug se prentjie daarop en hy sit selfs met ‘n kam in sy kous aan tafel. Die gesin ontbied selfs ʼn sielkundige om te kyk of hy dalk ʼn antwoord het vir die kind se gedrag.

Op ʼn dag is daar egter ʼn klop aan die deur, en die seun se lewe verander handomkeer.

“Ek kan nie onthou wanneer laas ek só lekker vir ‘n advertensie gelag het nie. Uitstekende werk. Trots Suid-Afrikaans,” laat een kommentator hoor.

“Ek bly in Ysland, die advertensie is beyond awesome!” skryf nog een.

https://youtu.be/J4ha22TRrgI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dafer ·

Verbeeldingryk. Veels geluk aan die mense wat dit uitgedink en vervaardig het! Werklik goed!!!

Ronnie ·

Ek wil graag die kopieskrywers geluk wens. Regtig trots Afrikaans!

Ian ·

Die advertensie het goeie elemente, maar val plat aan die einde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.