[Video] Skaaphond doen Ierse dans

Foto: Instagram

Foto: Instagram

In ʼn video wat op Instagram gedeel is, doen Secret ʼn Ierse dans saam met haar eienaar. Dié dans is redelik ingewikkeld, maar Secret doen dit sonder sukkel.

Dié slim hond woon saam met haar sestienjarige eienaar, Mary, in Bellingham in Washington in die VSA. Mary beoefen dans en leer graag vir Secret allerlei toertjies – van skaatsplank ry tot klavierspeel.

“Ek voel elke keer so trots wanneer ons aan dié danstoertjie werk. Dit is verreweg die moeilikste wat ons nog probeer het en ons oefen al vir maande. Ek het regtig nie gedink sy sal dit kan doen nie,” skryf Mary op Instagram.

Mary se profiel op Instagram, my-aussie-gal, word deur ongeveer 17 000 mense gevolg en is besonder gewild, veral onder diereliefhebbers. Dit is juis hier waar Mary video’s van Secret deel. In die jongste video speel Secret trom speel en doen ook joga saam met Mary.

Ai, honde is so slim, maar ons is seker onse eie Japie die kantoorbrak is baie slimmer…

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Helene ·

Ons Winston is ook n opregte skaaphond.
Hulle is presteerders en wil net werk en waak. Liefdevol vol energie en met goeie maniere. Hy het die verstand van n 12jarige kind. Goeie waghond, en ons is life vir hone-bonne. Lief lief lief!

Jan Karsten ·

Die Australiese skaaphond is nommer 1 op die lys vir honde wat die maklikste en vinnigste leer en die Australiese beeshond is nommer 10 op die lys. 2 Australiese rasse onder die 1ste 10.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.