[Video] Só was jy jou hare in die ruimte

‘n Skermskoot uit die video

Dit is bloot menslik om te vergeet hoe sommige takies, soos byvoorbeeld om jou hare te was, deur meeste mense as alledaags beskou word. Dié taak is egter nie heeltemal so eenvoudig vir ruimtevaarders nie, aangesien die gebrek aan swaartekrag dit ietwat moeiliker maak.

ʼn Video waarin Karen Nyberg, ʼn Amerikaanse ruimtevaarder, demonstreer hoe om dié takie suksesvol uit te voer, doen weer die ronde op sosiale media.

Nyberg verduidelik in die video een van die vrae wat die meeste aan haar gestel word, is hoe sy te werk gaan om haar hare sonder enige gravitasie te was. Dit is juis daarom dat sy besluit het om dié video te maak.

Daar is egter ʼn paar reëls: Die ruimtevaarders mag nie haartange of spesiale haarmiddels aan boord die ruimtestasie neem nie. Hulle het net ʼn spesiale sjampoe, warm water, ʼn haarborsel en ʼn handdoek.

Ruimtevaarders kan uitaard ook nie stort nie omdat die gebrek aan gravitasie die water in alle rigtings sal laat loop. Hulle vee hulself dus net skoon met nat lappies.

Nyberg demonstreer hoe sy warm water op haar kop spuit, waarna die druppels in die lug sweef. Daarna wend sy seep aan haar hare, was dit, en vee dit dan bloot droog met ʼn handdoek. Tydens die hele proses staan haar lang blonde hare kiertsregop – wat volgens haar sorg dat haar hare natuurlik droog word.

Die video is al meer as 25 miljoen keer gekyk. Dit is aanvanklik in 2013 gepubliseer.

This Is How Astronauts Wash Their Hair In Space

This is how astronauts wash their hair in space. More here: http://bit.ly/2i3tcZn

Posted by Seeker on Monday, August 14, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.