WhatsApp nóg ʼn plek vir Maroela se gratis nuusflitse

iphone handsak vrou whatsapp nuusflitseWil jy seker maak jy bly op hoogte van sake? Is jy die nuusneus onder jou vriende? Dan is Maroela Media se gratis nuusflitse op WhatsApp vir jou bedoel!

Maroela Media maak seker dat jy by elke braaivleisvuur kan saamgesels: ons stuur een keer per dag, van Maandag tot Vrydag, vir jou die hooftrekke van die dag en die weervoorspelling vir die land se grootste stede. En die beste van alles? As jy klik om die berig te lees, is dit steeds gratis.

Jy kan boonop op die boodskappe reageer (byvoorbeeld om vir ons ʼn nuuswenk te stuur), maar jy sal nie boodskappe van ander mense op die groep ontvang nie. Let asseblief daarop dat Maroela Media ongelukkig nie noodwendig op al die boodskappe wat ons ontvang, sal kan reageer nie – maar ons onderneem om elkeen te lees!

Sluit gerus nou by ons WhatsApp-groep aan indien jy op weeksdae die nuutste hooftrekke van Maroela Media wil ontvang.

Registreer só vir nuusflitse op WhatsApp:

Stap 1: Voeg Maroela Media as ʼn kontakpersoon by op jou selfoon se kontaklys. Ons nommer is: 060 665 2417.

Stap 2: Stuur vir ons ʼn SMS (nie ʼn WhatsApp-boodskap nie) na 060 665 2417 met jou naam, van, selfoonnommer en e-posadres sodat ons jou kan byvoeg.

Stap 3: Vertel jou vriende en familie van Maroela se WhatsApp-diens sodat hulle ook nie met ʼn mond vol tande langs die braaivleisvuur hoef te staan nie.

As WhatsApp nie op jou slimfoon geïnstalleer is nie, laai dit nou af. Indien jy later nie meer Maroela Media se nuusflitse op WhatsApp wil ontvang nie, kan jy bloot die woord “STOP” stuur na die WhatsApp-groep, en ons sal jou kontakbesonderhede verwyder.

Let wel: Jy sal geen gemorspos ontvang nie en die diens is gratis. Jy betaal bloot die gewone datakoste verbonde aan WhatsApp. Ons onderneem ook om nie jou kontakbesonderhede aan enigiemand anders te verskaf nie – jou besonderhede sal vertroulik hanteer word. Sien gerus ons bepalings en voorwaardes oor die hantering van lesers se persoonlike inligting.
Lekker, Maroela!