Alles vir Maandag 4 Julie 2011

Staan Vas

34 Grade Suid is die breinkind van die sanger Sean Else, van Eden-faam, en Ampie du Preez, wat onlangs saam die krieketspeler AB de Villiers ‘n CD vrygestel het. Staan Vas is ‘n kombinasie van dié twee se liefde vir country-pop. Die musiek is aards en melodies.