Alles vir Maandag 18 Julie 2011

Kopreis

Elke reis het ’n storie en elke storie is ’n reis. Want wat is ’n reis? Dis sekerlik wanneer ’n mens van A na B beweeg, ’n tog van een plek na ’n ander. Die vraag is nou net, hoe definieer ’n mens een plek en ’n ander plek? En hoe definieer ’n mens “beweeg”?

Die Ryk Weduwee

Uys Krige kon woorde op ‘n sonderlinge wyse saamsnoer, nuwes laat opklink en woordspelings laat blom. Reeds ryke woorde word kosbaarder in sy aanslag, en dit vloei vryelik soos die water in die gragte tussen die vrugbare boorde op die ryk weduwee se plaas.