‘n Man is ernstig beseer nadat hy deur ʼn luiperd aangeval is op ʼn wildreservaat in Polokwane.
Lees meerAlles vir Sondag 28 Augustus 2011
Vermoorde Teazers-baas se laaste oproep glo aan vermeende moordenaar
Die vermoorde Teazers-baas Lolly Jackson se laaste oproep was glo aan die man wat van sy moord verdink word.
Valke ondersoek Facebook-foto
Die Valke het bevestig dat hy ondersoek instel na ʼn foto wat op die sosiale netwerk Facebook geplaas is waarop ʼn wit man glo met ʼn geweer oor die lyk van ʼn swart kind staan.
OB se ondersoek na Malema op ys geplaas
Die Sunday Independent berig dat verskeie ondersoeke na korrupsie, insluitend die van die ANC-jeugligaleier Julius Malema, op ys geplaas is weens ʼn geldtekort.
Pistorius maak geskiedenis op wêreldatletiekbyeenkoms
Die Paralimpiese-kampioen, Oscar Pistorius, het Sondag geskiedenis gemaak toe hy vir die eerste keer op ʼn groot byeenkoms teen liggaamlik geskikte atlete deelgeneem het tydens die Wêreldatletiekbyeenkoms in Daegu.
28 Augustus 2011
“Maar ‘n Samaritaan… het hom innig jammer gekry.” Rowers het ‘n man halfdood geslaan. Toe twee verbygangers hom sien, het hulle gekies om “ver langs…
28 Augustus 2011
Idioom:
Van Skilla in Charibdis verval.