Woord:
Gebral
Alles vir die maand Augustus 2011
Man deur luiperd aangeval
‘n Man is ernstig beseer nadat hy deur ʼn luiperd aangeval is op ʼn wildreservaat in Polokwane.
Vermoorde Teazers-baas se laaste oproep glo aan vermeende moordenaar
Die vermoorde Teazers-baas Lolly Jackson se laaste oproep was glo aan die man wat van sy moord verdink word.
Valke ondersoek Facebook-foto
Die Valke het bevestig dat hy ondersoek instel na ʼn foto wat op die sosiale netwerk Facebook geplaas is waarop ʼn wit man glo met ʼn geweer oor die lyk van ʼn swart kind staan.
OB se ondersoek na Malema op ys geplaas
Die Sunday Independent berig dat verskeie ondersoeke na korrupsie, insluitend die van die ANC-jeugligaleier Julius Malema, op ys geplaas is weens ʼn geldtekort.
Pistorius maak geskiedenis op wêreldatletiekbyeenkoms
Die Paralimpiese-kampioen, Oscar Pistorius, het Sondag geskiedenis gemaak toe hy vir die eerste keer op ʼn groot byeenkoms teen liggaamlik geskikte atlete deelgeneem het tydens die Wêreldatletiekbyeenkoms in Daegu.
28 Augustus 2011
“Maar ‘n Samaritaan… het hom innig jammer gekry.” Rowers het ‘n man halfdood geslaan. Toe twee verbygangers hom sien, het hulle gekies om “ver langs…
28 Augustus 2011
Idioom:
Van Skilla in Charibdis verval.
Regeringsamptenare in hegtenis geneem vir korrupsie
Die polisie in Mpumalanga sê 19 mense, waaronder ses polisiebeamptes en 13 beamptes van die departement van binnelandse sake, is in hegtenis geneem vir korrupsie.
TLU SA: Regering traag om brande te verhoed
Die Transvaalse Landbou Unie sê die regering voldoen nie aan wetgewing wat ten doel het om veldbrande te verhoed nie.
27 Augustus 2011
Het jy geweet?
Eenmaal beteken op ʼn sekere tydstip, by ʼn geleentheid in die verlede of in die toekoms
27 Augustus 2011
“Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met ‘n skat wat in ‘n saailand onder die grond lê… en omdat hy baie in…
Bomontploffing ruk VN-gebou in Nigerië
Daar word berig dat minstens 10 mense dood is nadat ʼn bomontploffing Vrydagoggend die Verenigde Nasies (VN) se kantore in die Nigeriese hoofstad Abuja geruk het.
Derby-Lewis gaan hof nader na parool afgekeur is
Clive Derby-Lewis se regsverteenwoordiger het bevestig dat die minister van korrektiewe dienste sy aansoek om parool geweier het.
VN stel miljarde rande beskikbaar vir humanitêre hulp in Libië
Suid-Afrika het ingestem om sowat tien miljard rand in bevriesde Libiese fondse vir humanitêre hulp beskikbaar te stel.
Vryburgers van Afrika
In 2010 het die Libiese leier, Moeammar Ghaddafi, nog ontken dat daar soiets soos Berbers bestaan. Vandeesweek moes hy voor Berber- en Arabiese stamme uit…
26 Augustus 2011
Woord:
Eendeweer
26 Augustus 2011
“Ons Vader wat in die hemel is…” As Jesus ons van gebed leer, sê Hy ons mag maar vir God ons Vader noem. Nooit in…
Twee in hof wat man glo met bakkie sleep
Die Pietermaritzburg hooggeregshof het Donderdag gehoor dat ʼn Howick man nie beseer is toe hy glo deur sy werkgewers agter hulle bakkie aangesleep is nie maar eerder toe hy van die bakkie geval het terwyl dit beweeg het.
Saru en Supersport moet in parlement verskyn oor volkslied-fiasko
Die parlementêre portefeuljekomitee vir sport het gelas dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) en Supersport voor die komitee moet verskyn nadat die volkslied Dinsdagaand opgemors is tydens die aankondiging van die Springbokgroep vir die wêreldbekertoernooi.