ʼn Johannesburgse advokaat wat Dinsdagoggend deur ʼn taxi raakgery is en meters ver gesleep is, is steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal.
Lees meerAlles vir Dinsdag 13 September 2011
Eskom-hoof en vyf ander lig beseer in heli-ongeluk
Die uitvoerende hoof van Eskom, Brian Dames, en vyf ander mense is lig beseer nadat die helikopter waarin hulle gereis het naby Morwaneng buite Groblersdal neergestort het.
ANC gaan appelleer teen “Skiet die boer”-uitspraak
Die ANC gaan appèl aanteken teen regter Colin Lamont se beslissing dat die woorde “Dubul’ iBhunu (Skiet die boer) haatspraak is.
13 September 2011
“Die evangelie van vrede wat Jesus Christus gebring het” word deur Kornelius, ‘n militêre offisier van Italië en dus ‘n nie-Jood, aanvaar. Jesus is Here…
Zuma gee aandag aan OB-verslag, spertyd geignoreer
President Jacob Zuma sê hy het reeds goeie vordering gemaak na aanleiding van die openbare beskermer se verslag oor beweerde wanadministrasie rakende die huur van geboue vir die polisie.
Drie in hof na hulle glo man vermoor, in yskas prop
Drie mans wat na bewering ʼn man vermoor het en sy lyk in ʼn yskas geprop het, het Maandag in die Kimberley landdroshof verskyn, berig Volksblad.
Drie wanopvattings in die weg van realisme oor Afrikaner-politiek
Drie opvattings wat tans in sekere kringe onder Afrikaners heers, is hieronder ter sprake. Opsommend lui hulle soos volg: 1. Ons (Afrikaners) het in 1994…
13 September 2011
Woord:
Kriewelkrappers