Alles vir Sondag 4 Desember 2011

Herrie se kerrie: Kerstyd en klappertyd

Vir die Herries is Kersfees al die afgelope klompie jare iets met gemengde gevoelens. Ja, dan onthou mens hulle wat nie meer saam die vreugde hier deel nie, maar ‘n groot faktor is Pumba. Klein Herrie se opgewondenheid oor Oukersaand moet baie kompenseer vir Pumba se nagmerrie.