President Jacob Zuma het sy bod teruggetrek om appèl aan te teken teen die hofuitspraak wat sy aanstelling van Menzi Simelane as die Direkteur van Openbare Vervolgings tersyde stel.
Lees meerAlles vir Woensdag 28 Desember 2011
JPSA: ‘Dis nie wettig om rybewyse af te vat nie’
Die Justice Project South Africa (JPSA), wat hom vir motoriste se regte beywer, sê daar is geen regsgronde vir verkeersbeamptes om motoriste se rybewyse af te vat of op te skort nie.
‘Selebi is baie siek en moet in tronkhospitaal gehou word’
Die veroordeelde voormalige polisiehoof, Jackie Selebi, is in ʼn kritieke maar stabiele toestand en sal onbepaald in die hospitaal-afdeling van die tronk moet bly, volgens sy dokters.
Blinde met gidshond uit restaurant gejaag
’n Blinde vrou met ʼn gidshond is glo op Kersdag uit ʼn McDonalds-restaurant in Pretoria gejaag.
Vervoerminister doen beroep op verkeerspolisie om rybewyse af te vat
Die minister van vervoer, Sbu Ndebele, het ʼn beroep gedoen op die verkeerspolisie om verkeersoortreders se rybewyse af te vat of summier op te skort.
‘Ontvoerde’ man by braai in hegtenis geneem
ʼn Man van Port Elizabeth wat beweer het hy is ontvoer en toe later gevind is waar hy saam met vriende braai is in hegtenis geneem vir dwarsboming van die gereg en bedrog.
Drie SA vroue vas in buiteland oor dwelmhandel
Drie Suid-Afrikaanse vrou is glo die afgelope week in die buiteland vir dwelmhandel in hegtenis geneem.
Pa, ouma verdrink voor kind
ʼn 12-jarige meisie het Maandagaand vir langer as ʼn uur aan riete vasgeklou nadat die motor waarin sy ʼn passasier was deur ʼn sterk stroom meegesleur is toe dit oor ʼn laagwaterbrug gery het in die Blue Valley-gholflandgoed in Midrand.
Nuuskommentaar: Nuusoorsig vir 2011
Plaasmoorde, Malema, Regstellende aksie, Grondwetlikheid, Nog ‘n belangrike appèlhofuitspraak, Die Verbruikerswet, Die Openbare Beskermer, Die aanslag teen mediavryheid……..2011 in oorsig
Hoogtepunte op Die Groot Debat, 2011: Mbeki, die ‘comeback-kid’
Terwyl NATO en die rebelle Libië op 26 Augustus 2011 oorrompel en Tripoli ingeneem het, het voormalige president Thabo Mbeki die VSR en SASCO van die Universiteit van Stellenbosch (US) toegespreek om sy beskouing van die “geskiedkundige gebeure” in Noord-Afrika te verduidelik…
Geheime van sukses (vervolg)
Die Sfinks het gevra: Wat is die geheim van sukses? En die Pil het geantwoord: Moet nooit bitter raak nie.
En die Posseël het geantwoord: Jy moet bereid wees om ver te gaan…