So skop 2012 toe af met ‘n besoek aan die veearts…
Lees meerAlles vir Vrydag 6 Januarie 2012
Pastoor in hof vir derde verkragting-saak
Die pastoor van Limpopo wat Maandag in hegtenis geneem is nadat hy glo ʼn 14-jarige meisie in Seshego verkrag het, het Vrydag in die landdroshof in Polokwane op ʼn derde aanklag van verkragting verskyn, het die polisie gesê.
Waterkloof-4 weet glo niks van appèl nie
Die stiefpa van een van die sogenaamde Waterkloof-vier het Vrydag gesê hy het eers in die koerant gelees dat die departement van korrektiewe dienste teen sy seun se vrylating wil appelleer.
Beperkte aantal kaartjies vir 2012 Olimpiese Spele
Organiseerders van die Olimpiese Spele in Londen het ʼn beperkte aantal kaartjies te koop aangebied vir die 2012 Spele.
SA-man swem ysige Skotse meer
ʼn Suid-Afrikaner het een van die wêreld se ysigste swemuitdagings Donderdag in ʼn Skotse meer voltooi, het ʼn woordvoerder vir die Internasionale Ysswemvereniging gesê.
Man skiet vervreemde vrou, self in JHB
ʼn 25-jarige man van Soweto het Vrydagoggend sy vervreemde vrou, 24, voor hul ses maande-oue baba in hul huis in Zondi geskiet en toe homself geskiet, het die polisie in Johannesburg gesê.
Boekehuis in JHB maak deure toe weens swak leeskultuur
Suid-Afrika mag miskien reeds twee Nobelpryswenners in Letterkunde opgelewer het, maar ʼn bekende boekwinkel in Johannesburg, Die Boekehuis, gaan eersdaags weens die treurige leeskultuur in die land sy deure sluit.
Unisa-prof gevang wat glo twee haweloses verkrag
ʼn Professor in sielkunde by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) is in hegtenis geneem en het in die hof verskyn vir die verkragting van twee hawelose mans in Pretoria, het die polisie Vrydag gesê.
Oprah se skool: eerste matrieks slaag almal
Die eerste groep matrieks by Oprah Winfrey se skool vir Suid-Afrikaanse meisies is nou gereed vir tersiêre onderrig nadat hulle almal hul matriekeksamen geslaag het, het die Raad van Direkteurs Donderdag gesê.
Man wat glo vrou laat verkrag, stiefseun skiet: mensejag is aan!
Die seun, Conrad Bonnette, het glo aanhoudend gesê: “Oom, moet my asseblief nie skiet nie.”
Kaapstad-man gevang met vuurpyle
ʼn 28-jarige man is met ʼn ongelisensieerde vuurwapen, ʼn rookgrenaat, vuurpyle, ammunisie, en dwelms ter waarde van R108 000 in Woodstock, Kaapstad in hegtenis geneem, het die polisie Vrydag gesê.
Afrikaanses is dood. En Afrikaners dan?
“Afrikaanses het ʼn stille dood gesterf,” skryf Tim du Plessis onlangs. […] Wat is die bestaansvoorwaardes vir ʼn Afrikanerkultuurgemeenskap? Die Groot Debat gaan ʼn paar mense vra om hul mening hieroor te waag.
AfriForum Jeug se kranslegging vir slagoffers van ANC-terreuraanvalle
AfriForum Jeug gaan Sondag, 8 Januarie, ’n kransleggingseremonie in Pretoria hou ter nagedagtenis aan die mense wat in die ANC se terreuraanvalle op burgerlikes gedurende die tagtigerjare gesterf het.
Selebi se vriende doen aansoek vir mediese parool
” Ons is van mening dat ons korrektiewe sentra se hoofdoel nie daar is om mense te straf nie, maar eerder om oortreders te rehabiliteer…”
Nuuskommentaar: ANC se eeufees – Van “broad church” tot buitebande en vuurhoutjies
Wanneer die eeufeesvieringe in volle swang is, wanneer die staatshoofde eregaste is, geniet die ANC formeel die status van een van die wêreld se oudste bevrydingsbewegings, en is dit die oorweldigende grootste politieke mag in die land, krakies ten spyt.