Ten minste 22 mense het sedert die begin van 2012 aan die Suid-Afrikaanse kus verdrink, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Sondag gesê.
Lees meerAlles vir Sondag 8 Januarie 2012
35 mense beseer in twee ongelukke in Vrystaat
Vyf en dertig mense is in twee afsonderlike minibus-ongelukke in die Vrystaat beseer, het paramedici Sondag gesê.
Man wat glo vrou laat verkrag, stiefseun doodskiet ontvang glo interne inligting
Polisie vermoed dat ‘n wetsbeampte inligting aan die man uitlek.
3 vas ná hulle glo lugvaartwet oortree by ANC se eeufees
Twee mans en ʼn seun is naby Bloemfontein in hegtenis geneem na hulle glo lugvaartwette oortree het, het die polisie Sondag gesê
Kaalvoet klonkie
Lekka, lekka ywe,
Laat die ghantang nader skywe!
Tamaties en ywe vars van die Strand
En baie kiri slam by die hys se kant!
Man (90) ernstig beseer ná golfkarretjie oor hom ry
ʼn 90-jarige man het ernstige beserings opgedoen nadat ʼn golfkarretjie oor hom gery het.
Diewe gee skildery terug nadat hulle sukkel om dit te verkoop
ʼn Skildery deur Belgiese surrealis, meester Rene Magritte, wat twee jaar gelede tydens ʼn gewapende roof gesteel is, is aan die museum terugbesorg nadat die diewe glo gesukkel het om dit van die hand te sit, het die Rene Magritte-museum Vrydag gesê.
Sewe walvisse dood na hulle in NZ uitspoel
Sewe loodswalvisse is reeds dood en bewaringsbewustes in Nieu-Seeland het Saterdag gesukkel om 11 ander te red nadat hulle in ʼn groot groep op die strand uitgespoel het.
Priester vas vir moord ná vroue glo sy brousel drink
ʼn Priester is in Vrischgewagte naby Mafikeng op ʼn aanklag van moord in hegtenis geneem, het Noordwes-polisie Saterdag gesê.
Twee vas in Durban vir handeldryf met heroïen
Twee mans is in Clairwood, Durban, in hegtenis geneem op aanklag van handeldryf met en die besit van heroïen ter waarde van R40 000, het KwaZulu-Natal se polisie Saterdag gesê.
Man dood na bloublasies hom steek
ʼn 58-jarige man is Saterdagmiddag dood nadat bloublasies hom gesteek het terwyl hy by die Strand, Kaapstad geswem het, het Kaapstad se rampbestuureenheid gesê.
Man verdrink amper self toe hy tieners probeer red
ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat hy Saterdagmiddag drie tieners by Maitlandstrand, 30 km van Port Elizabeth, probeer red het.
Twee broers dood in Uitenhage-vliegtuigongeluk
Twee broers is Saterdag dood nadat hul ligte vliegtuig op ʼn plaas in die Vrystaat neergestort het, het die polisie gesê.