Die organiseerders van die jaarlikse Dusi-kanomarathon jaag om die rivier skoon te kry voor die aanvangs van volgende maand se wedvaart in KwaZulu-Natal.
Lees meerAlles vir Maandag 16 Januarie 2012
Feesseisoen eis 1 475 lewens op die paaie
Ten minste 1 475 mense is die afgelope feesseisoen in padongelukke oorlede, het minister van vervoer, Sbu Ndebele, Maandag gesê.
Twee vas vir moord oor ‘n selfoon
ʼn Vrou en haar mansvriend is vir moord op die vrou se broer oor ʼn gesteelde selfoon in hegtenis geneem, het die polisie Maandag in Gauteng gesê.
“Modimolle-monster”: saak uitgestel, alle name nou bekend gemaak
Die sogenaamde “Modimolle-monster”-hofsaak waarvan twee verdagtes Maandag in die hof verskyn het, word uitgestel, het die Limpopo polisie gesê.
ANC-jeugliga versoek dat matriekuitslae vroeër bekend gemaak moet word
Die ANC-jeugliga in Gauteng het Maandag gesê dat dit oorweeg moet word om die matriekuitslae vroeër in Desember bekend te maak om sodoende opeenhoping by universiteite te verhoed.
Stef Bos – Vuurvlieg
Stef Bos eindig sy solo toer waar hy dit begin het: in die Paarl.
Verkeersbeamptes vasgetrek vir bedrog
Twee verkeersbeamptes en ʼn burgerlike persoon sal Maandag in die landdroshof in Worcester verskyn nadat hulle glo leerlinglisensies in ruil vir geld uitgereik het, het Robin Carlisle, LUR vir vervoer in die Wes-Kaap, gesê.
Sterfte by UJ: Verwag dat Afrikaans gaan weer ly
Eugene Brink verwag dat die taaldebat op universiteite en politieke druk op Afrikaanse skole in 2012 in alle felheid gaan toeneem.
Man vas wat glo klein hondjies doodmaak
ʼn Man wat in hegtenis geneem is nadat hy glo twee klein hondjies doodgemaak het om hulle te eet, sal Maandag in die landdroshof in Pretoria verskyn, het die polisie gesê.
Dakar: De Villiers palm ‘n podiumposisie in
Voormalige kampioen Giniel de Villiers het nóg ʼn podiumposisie ingepalm toe hy Sondag in die derde plek in die uitmergelende twee weeklange Dakar-wedren geëindig het.
Drie raadslede dood in Oos-Kaap-botsing
Drie raadslede van die Nelson Mandela Bay Metro is dood toe hul voertuig omgeslaan het nadat hulle vir ʼn bees op die R72 naby Hopewell uitgeswaai het, het Arrive Alive Maandag gesê.
“Modimolle-monster”: nog twee verdagtes verskyn in die hof
Twee verdagtes in die sogenaamde “Modimolle-monster”-saak sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Modimolle verskyn, het die Limpopo-polisie gesê.
Is nuwejaarsvoornemens die moeite werd?
Elke Januarie hoor ons van nuwejaarsvoornemens. Nie net ons nabye familie en vriende verwys na hulle planne nie, maar selfs in Beeld en op RSG vertel deelnemers wat hulle vir die volgende twaalf maande beoog. Dit maak die vraag aktueel: “Is nuwejaarsvoornemens die moeite werd?”
Vier glo met plofstof aangekeer in JHB
Vier mans is in Linden, Johannesburg, in hegtenis geneem vir die vermeende besit van plofstof en onwettige vuurwapens, het die polisie Sondag gesê.