In ʼn waterskeidingsaak is ʼn vrou van Port Elizabeth tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ʼn gestremde tienerseun.
Lees meerAlles vir Woensdag 1 Februarie 2012
Parlement op soek na kelners
As jy stewig op jou twee voete kan staan en die geselskap van politici geniet, het ʼn personeelagentskap in Bellville moontlik vir jou ʼn werk, berig EWN.
Woolworths moet retro-drankies onttrek
Die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde (GRS) het beslis dat Woolworths die koeldrankvervaardiger, Frankies Olde Soft Drink, se handelsmerk naboots.
Gautrain-busbestuurders staak glo weer
Gautrain-busbestuurders het glo weereens onwettige gestaak, het EWN berig.
Aartappeltjies met gekookte mosterdslaaisous
Heerlike aartappelresep: dis makliker as wat jy dink!
AfriForum vra Sanral-raad om finaal af te sien van tolheffings
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het Woensdagoggend in Pretoria tydens ʼn voorlegging aan Sanral se raad, versoek dat Sanral en die regering finaal moet afsien van planne om tolgeld op Gautengse hoofweë te hef.
Skrywers en hul boeke
‘n Taalspeletjie: Verbind die outeur in kolom A met hul bekende werk in kolom B. Kyk hoeveel jy kan regkry sonder om te loer!
50 Beste gebak uit Vrouekeur
Vrouekeur se resepte was van die begin van die tydskrif se bestaan in 1999 ’n treffer en is vandag nog net so gewild en in aanvraag as toe.
In die niks al om
René Bohnen se tweede digbundel, “In die niks al om”, gaan oor die integrasie van hoop en verlies, van die Ooste en die Weste, van verskrikking en verwondering, van platteland en stad.
Hof sê “Sondag-verkragter” mag afgeneem word
Die Krugersdorp landdroshof het Woensdag gelas dat die media foto’s van Johannes Jacobus Steyn, of die sogenaamde “Sondag-verkragter”, mag publiseer.
Moodley se aansoek om herverhoor afgekeur
Die veroordeelde moordenaar, Donovan Moodley, se aansoek om ʼn herverhoor is Woensdag in die hooggeregshof in Johannesburg afgekeur.
Nuwe oudiobande werp lig op Kennedy se sluipmoord
Langverlore oudio-opnames van die nadraai van Amerika se voormalige president, John F. Kennedy, se sluipmoord is openbaar gemaak. Geskiedkundiges is opnuut geboei en geprikkel deur daardie noodlottige dag.
Werktuigkundige is SA se nuutste kitsmiljoenêr
Suid-Afrika se nuutste kitsmiljoenêr is ʼn werktuigkundige van Durban wat die naweek R25 miljoen gewen het in die Nasionale Lotery.
Staat wil aanklagte teen “Sondag-verkragter” sentraliseer
Johannes Jacobus Steyn, of die sogenaamde “Sondag-verkragter”, sal Woensdag in die Krugersdorp landdroshof verskyn waar al die aanklagte teen hom na verwagting gesentraliseer sal word.
Moodley hoor vandag sy lot
Die veroordeelde moordenaar, Donovan Moodley, weet vandag of sy aansoek om ‘n herverhoor toegestaan gaan word.
Nuuskommentaar: Presies hoe vry is die media in SA?
Terwyl die Kommissie vir Persvryheid onder die leiding van oud-hoofregter Pius Langa voorleggings aanhoor oor die moontlike regulering van persvryheid, is daar meningsverskille oor presies hoe vry die media in Suid-Afrika is.
ET se huwelik, karakter onder skoot
Die vermoorde AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, se huwelik en karakter het onder skoot gekom Dinsdag tydens die verhoor van sy twee vermeende moordenaars in die rondgaande hof in Ventersdorp.
Metropolisie-rekruut sterf tydens fiksheidstoets
ʼn 26-jarige man is Dinsdag dood by die Tshwane metropolisie-akademie nadat hy tydens ʼn oefening inmekaargesak het.
ANC se regstellende aksie misluk oral
Die paradoks van regstellende aksie kan gelyk gestel word aan kommunisme: Die teorie daarvan lyk billik en edel terwyl die toepassing daarvan uit voeling is met die praktiese wêreld.