Die liggaam van ʼn vroulike mynwerker is Maandag in Anglo Platinum se Khomanani-myn buite Rustenburg in Noordwes gevind.
Lees meerAlles vir Dinsdag 7 Februarie 2012
Solidariteit: “Wit gestremdes nou finaal uit regstellende aksie geskop”
Die vakbond Solidariteit sê voorgestelde wysigings aan die Wet op Breë-basis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB-wet) sal tot gevolg hê dat wit mense met gestremdhede nou finaal uit regstellendeaksie-prosesse geskop gaan word.
Gesin vra hulp om man wat glo 550kg weeg te begrawe
Die gesin van ʼn man, wat glo sowat 550kg geweeg het toe hy oorlede is, het die publiek en regering gevra om te help om hom te begrawe.
Ontvoerde baba gevind, oppasser steeds soek
Die babaseun wat glo Maandagoggend in Pretoria deur sy oppasser ontvoer is, is Dinsdagoggend by ʼn kleuterskool in Hillbrow in Johannesburg gevind.
Seun (14) verwurg glo ouma
ʼn Veertienjarige seun sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn nadat hy glo sy ouma verwurg het.
Video: Ysige weerstoestande in Switserland
Temperature in Switserland het Sondagaand in die oostelike Graubuenden-kanton tot minus 35.1°Celsius gedaal, het die weeragentskap MeteoSwiss gesê, die laagste syfer tot dusver dié jaar.
Twee nuwe skerpioenspesies in Viëtnam ontdek
Wetenskaplikes het in sentraal Viëtnam twee skerpioenspesies wat vroeër nie bekend was nie, ontdek, het owerhede Dinsdag gesê.
Tien sterf in botsing in Limpopo
Tien mense is dood en talle beseer na ʼn botsing Dinsdagoggend tussen ʼn vragmotor en ʼn taxi naby Makhado in Limpopo.
Miss Piggy sal Clooney en Pitt tydens BAFTA ondervra
Hollywood-sterre George Clooney en Brad Pitt sal Sondagaand tydens die BAFTA-rolprenttoekennings op die rooi tapyt deur Miss Piggy ondervra word.
Ma gooi glo self, kinders voor trein in
ʼn Vrou en haar twee kinders is Dinsdagoggend deur ʼn trein buite Eerste Rivier in die Wes-Kaap doodgery.
7 Februarie
“Wys my die pad wat ek moet loop… Laat u goeie Gees my op ‘n gelyk pad lei.” Die pad van die lewe het baie…
Die mure het ore
Vind uit waar dié uitdrukking sy ontstaan het.
Vrou word glo k-woord toegesnou tydens oefensessie
ʼn Vrou beweer dat ʼn mede-lid by ʼn Virgin Active gimnasium aanstoot geneem het deur haar entoesiasme tydens ʼn spinfiets-klas en haar ‘n “verdomde k*****, ‘n kakkerlak en ‘n selfsugtige teef” genoem het.
Nuuskommentaar: Staatsrede-tradisies
Donderdagaand lewer president Jacob Zuma sy staatsrede – ‘n gebeurtenis wat baie belangriker is as die blote feit dat die TV-sepie, 7de Laan, se kyktyd geraak word.
Bekendes eis van kykNET oor beweerde laster
Twee bekendes dagvaar volgens berigte vir kykNET weens beweerde laster wat glo op die skinderprogram Tonge Los plaasgevind het.
Drie vas ná R42 m.-bedrog by poskantoor
Drie mense, wat glo deel is van ʼn sindikaat wat glo betrokke was by die bedrog en diefstal van sowat R42 miljoen by die poskantoor, is in hegtenis geneem.