Die watertoevoer na Dundee in KwaZulu-Natal is nou glo weer geskik vir menslike gebruik nadat dit vroeër deur sianied besmet is en talle veevrektes tot gevolg gehad het.
Lees meerAlles vir Vrydag 17 Februarie 2012
Video: Snoesige robot-robbe vir tsoenami-slagoffers
‘n Video oor snoesige robot-robbe wat op menslike aanraking reageer: die nuutste middel om Japan se tsoenami-slagoffers wat aan depressie ly, te bemoedig.
Premier sak in mekaar tydens provinsiale rede
Die premier van die Noord-Kaap, Hazel Jenkins, het Vrydag tydens haar provinsiale rede in Kimberley inmekaargesak.
Kind sterf na stuipe by skool
ʼn Meisie is dood nadat sy stuipe gekry het by haar skool in die weste van Johannesburg, het die Gautengse departement van onderwys Vrydag gesê.
ANC vra glo dat Malema permanent geskors word
Die ANC se regsverteenwoordigers het glo tydens Julius Malema en ander jeugliga leiers se verhoor om versagting, gevra dat Malema permanent uit die party geskors word.
Nuuskommentaar: Moddergooi met grond
Gewild was dit nie, polities korrek miskien nog minder, maar dat iemand in die parlement moes opstaan en perspektiewe regstel oor wie waar was toe die verskillende bevolkingsgroepe mekaar op Suid-Afrikaanse grondgebied ontmoet het, was onvermydelik.
Chanelle Henning-moord: Gouws is glo meesterbrein
Die Pretoria landdroshof het Donderdag gehoor dat Andre Gouws, vriend van die vermoorde Chanelle Henning se eksman, die beweerde meesterbrein is agter haar moord.
Die waarde van getuigskrifte
‘n Humoristiese kykie na getuigskrifte. Byvoorbeeld, is ‘n werknemer wat “ander inspireer” dalk eerder iemand wat mense gereeld smoorkwaad maak? Of is ‘n “stiptelike werknemer” dalk iemand wat bloot net die kantoor presies om 16:00 verlaat? Lees vandag se taaltoffie om meer uit te vind!
Zuma waarsku Mulder oor gronduitlatings
President Jacob Zuma het die leier van die Vryheidsfront plus, dr Pieter Mulder, gewaarsku om versigtig om te gaan rakende die emosionele kwessie van grondhervorming.
Broers in die stryd
‘n Fassinerende verhaal van die Hollandse vrywilligers wat aan die Anglo-Boereoorlog deelgeneem het, met lewendige beskrywings van die uitdagings waarvoor hulle in ‘n vreemde land te staan gekom het en hul wedervaringe as soldate, ambulanswerkers, militêre attachés, oorlogskorrespondente en krygsgevangenes.
17 Februarie
“Dit is die Here wat sorg vir die wat Hom eer, vir die wat op sy mag vertrou…” Ps 33 begin as ‘n lied dat…
Mulder se toespraak oor grond
Dr. Pieter Mulder se repliek oor die onlangse staatsrede.