ʼn 20-jarige student het Maandagmiddag na sy dood geval by die Walter Sisulu Universiteit in Mthatha nadat geweld op die kampus uitgebreek het.
Lees meerAlles vir Maandag 27 Februarie 2012
‘n Reis deur erfeniskos
Dit is Sondag, hoe onthou ek nie Sondae as kind nie: jy raak wakker met die klank van kerkklokke wat deur die dorp beier, die gesang van voëls, hier en daar ’n verlore haan wat kraai, ’n hond wat blaf, die geluide van die kombuis en die geure van skaapboud en braaihoender wat in die gang afkom en in jou neus kom lê…
Velvet Sky-vlugte opgeskort
Velvet Sky het Maandag al sy vlugte opgeskort nadat van die lugredery se verskaffers glo geweier het om brandstof aan die maatskappy te verkoop.
Man by Kaapse-winkelsentrum geskiet
ʼn Sakeman is Maandag buite ʼn winkelsentrum in Kaapstad geskiet.
Beskuldigde in Bronn-moordsaak kry borg
Een van die vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die gaynagklub-eienaar, Bruno Bronn, vermoor het, is Maandag borg toegestaan in die Kaapstadse landdroshof.
Die naaimasjien
“Dis nie elke dag dat so ‘n teks, met humor én patos, en so ‘n rol na ‘n aktrise toe kom nie. Nee, so ‘n toneelstuk krap jy nie agter elke bos uit nie.” – Sandra Prinsloo oor Die Naaimasjien
Saak teen Steyn se pa uitgegooi
ʼn Saak van diefstal teen die Springbok-losskakel, Morné Steyn, se pa is Maandag uitgegooi deur die hof.
Meisie byt ‘verkragter’ se tong af
ʼn Tienermeisie het ʼn man se tong afgebyt terwyl hy haar glo verkrag het naby Hazyview in Mpumalanga.
Bulle keelvol vir pienk vermanings en ander rugbystories
Met groot afwagting het ons almal uitgesien na die eerste wedstryde van die Super 15…
Man se ontbinde lyk in Cullinan gevind
Die ontbinde lyk van ʼn werknemer van ʼn rehabilitasiesentrum is in sy huis in Cullinan, oos van Pretoria, gevind.
AfriForum Jeug wen verkiesing by Tukkies
AfriForum Jeug het die studenteparlementsverkiesing by die Universiteit van Pretoria (UP) met ʼn rekordgetal stemme gewen nadat die uitslag Maandag na ʼn hofbevel bekendgemaak is.
Kommandokorps ontken rassisme by kampe
Die Kommandokorps Republikeine het Maandag ontken dat sy Kadetkampe rassehaat aanwakker.
Staatsamptenare, sakemanne vas oor bedrog van R11 miljoen
Drie hoëprofiel staatsamptenare en twee sakemanne in die Oos-Kaap en Johannesburg is in hegtenis geneem na ʼn ondersoek rakende bedrog en korrupsie van sowat R11 miljoen.
2012 se Oscar-wenners
Die stilprent, “The Artist” was die groot wenner by die 82ste Oscar-toekennings in Hollywood. “The Artist” het weggeloop met die Oscars vir die beste rolprent,…
27 Februarie
“Daar is tog ‘n God wat reg laat geskied.” Ps 58 vertel van mense wat swaar kry en onbillik behandel word. Daar is leiers wat…
Sinkgat glo deur koperdiewe veroorsaak
Die pad tussen Marikana en Rustenburg in Noordwes is die naweek gesluit weens ʼn sinkgat, wat sowat ʼn maand sal neem om reggemaak te word.
Druk of uitgawe?
Die verskil tussen ‘n druk en ‘n uitgawe van ‘n boek.
Malema vaar uit teen ANC-leierskap, Mulder, regses en setlaars
Die geskorsde ANC-jeugligaleier, Julius Malema, sê die verbanning van ‘n “radikale stem” binne die ANC het die selfvertroue van regse leiers, wat glo dat swartmense geen aandeel in Suid-Afrika se grond het nie, versterk.
Geskiedenis en polemiek: Hulle speel die media en nie die bal nie
Herman Toerien lewer kommentaar oor die hantering van die media ná Dr. Pieter Mulder se omstrede toespraak oor grondbesit..
Grenadellakoek
Die heerlikste grenadellakoekresep!