Die ANC se Nasionale Dissiplinêre Komitee het Woensdagaand aangekondig dat Julius Malema uit die party geskors is.
Lees meerAlles vir Woensdag 29 Februarie 2012
Omgeslaande boot tóé walvis
ʼn Seereddingspan het meer gekry as wat hulle verwag het nadat hulle gehaas het na ʼn boot wat omgeslaan het naby Melkbosstrand in Kaapstad.
Legendariese oud-Springbokfietsryer sterf na beroerte
Die legendariese oud-Springbokfietsryer, Ertjies Bezuidenhout, is Woensdagoggend oorlede.
Vier ry rond in vermoorde se motor
Die polisie in die Vrystaat het vier mans in hegtenis geneem nadat hulle met die motor van ʼn moordslagoffer rondgery het.
Tienerseuns in hof na hulle glo leerling vermoor
Twee tienerseuns sal na verwagting Woensdag in die Bishop Lavis landdroshof verskyn nadat hulle glo ʼn 16-jarige seun tydens ʼn geveg by die skool met ʼn mes doodgesteek het.
Ouers se besluit sal toekoms van SA Onderwys bepaal, sê FEDSAS
Klankgreep: Flip Buys in gesprek met Paul Colditz, hoof van Fedsas. Die gesprek handel oor die belangrikheid daarvan dat so veel moontlik mense die erns van die verkiesings in hul plaaslike skole moet besef.
“Verpleegster” steel glo baba
ʼn Vrou wat glo voorgegee het dat sy ʼn studente verpleegster is, het na bewering Dinsdagaand ʼn baba by ʼn hospitaal in die Oos-Kaap gesteel, het die provinsiale departement van gesondheid Woensdag gesê.
Twee ‘jaagduiwels’ vas
Twee mans is op die Mabopane-hoofweg in Pretoria in hegtenis geneem nadat hulle die spoedbeperking met meer as dubbel oorskry het.
Nuuskierige agie
Taaltoffie kyk vandag na die oorsprong van die uitdrukking “nuuskierige agie”
Nuuskommentaar: Sondaars en tollenaars – die e-tol
Dit is tyd dat die regering so optree dat suspisies oor tenderpreneurskap en verdoeselde korrupsie oor die e-tolstelsel nie verskerp word nie.
29 Februarie
“Dag na dag dra Hy ons! God is ons hulp!” Ps 68 praat twee keer van “as God verskyn.” As God verskyn gebeur daar dinge….
Malema se lot vandag bekend
Die ANC sal na verwagting Woensdag ʼn aankondiging maak rakende die toekoms van sy geskorsde jeugligaleier, Julius Malema.
Vier SANParke-beamptes vas vir renosterstropery
Vier beamptes van SANParke is Dinsdag in hegtenis geneem in die Krugerwildtuin in verband met renosterstropery.
SA man vas in Israel na kroeggeveg
ʼn Suid-Afrikaanse man is in Tel Aviv, Israel, in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn soldaat, wat van diens af was, tydens ʼn kroeggeveg met ʼn gebreekte bottel gesteek het.
Gay man in Johannesburg vermoor
‘n Teaterbestuurder van Johannesburg is in sy woonstel in Braamfontein in Johannesburg doodgemaak, glo oor sy seksuele oriëntasie .