Julius Malema, president van die ANC-jeugliga sal Saterdag sy lot hoor.
Alles vir die maand Februarie 2012
Hof hoor “reeksverkragter” was al in tronk
ʼn Beweerde reeksverkragter, wat glo 33 meisies verkrag het, het Vrydag in die Alberton landdroshof gesê dat hy voorheen aan verkragting skuldig bevind is.
Ysige temperature in Europa duur voort
Temperatuur in die Alpe-streek van Piedmont in die noorde van Italië het Vrydag tot minus 30° Celsius gedaal toe sneeuflokkies in Rome begin val het – ʼn uiters rare verskynsel.
Man herleef moord op ouers tydens paroolaansoek
ʼn Johannesburgse man het aan Eyewitness News die pyn beskryf wat hy herleef het nadat hy ʼn paroolaansoek van sy ouers se moordenaars moes teenstaan.
Nuuskommentaar: Die smag na goeie nuus
Daar is ‘n geweldige versugting na goeie nuus. Word ‘n onnodige donker wolk werklik geskilder?
Hospitaalhoof van statutêre verkragting aangekla
‘n Uitvoerende hoof van ʼn hospitaal in Noordwes sal na verwagting volgende week saam met ʼn vriend in die hof verskyn op aanklagte van statutêre verkragting.
Ses in Pta kry malaria, al reis hulle nie
Ses mense is in Pretoria met malaria gediagnoseer sonder dat hulle na malariagebiede gereis het, het die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) gesê.
Koeterwaals
Hoeveel koeterwaals kom jy daagliks teë?
Man aangekla na ses sterf in ongeluk
ʼn Man wat aangekla word van strafbare manslag na ʼn ongeluk waarin ses mense gesterf het, het Donderdag in die Durban landdroshof verskyn.
Bejaarde egpaar op plaas in Vredendal aangeval
ʼn Bejaarde gepaar is vroeg Donderdagoggend op hulle plaas in Vredendal in die Wes-Kaap deur vier gewapende mans met maskers oorval.
Van der Waltskoot
Wat is die verhaal agter dié oulike gesegde in Afrikaans?
Video: Unieke klankopname van Otto von Bismarck se stem
Otto von Bismarck, die Duitse staatsman wat verskeie Duitse state onder een Duitse Ryk verenig het, se stem kan nou vir die eerste maal gehoor word. Die klankopnames wat dateer uit 1889 is gister aan die publiek bekend gestel.
Talle beseer na ontploffing in winkelsentrum
Minstens dertien mense is Donderdagoggend beseer, waarvan drie glo kritiek, na ʼn ontploffing by die Festival-winkelsentrum in Kempton Park.
Afrikaans se status as amptelike taal bedreig
Die voorgestelde Wetsontwerp op Suid-Afrikaanse Tale kan Afrikaans se status as amptelike taal in nasionale staatsdepartement bedreig indien dié wetgewing aanvaar word, het Beeld vandag berig.
$1 mil-borg vir man wat glo slagoffer se brein eet
ʼn Amerikaner wat daarvan aangekla word dat hy ʼn man met ʼn byl doodgekap en toe sy brein geëet het, is Woensdag beveel om ʼn psigiatriese evaluering te ondergaan.
Openbare Beskermer se seun in ongeluk met staatsvoertuig
Die Openbare Beskermer se seun was Woensdagoggend in ʼn ongeluk met haar staatsvoertuig betrokke.
Van Eerste na Derde Wêreld – Suid-Afrika onder die ANC
Ek het as jong student nooit gedink dat die ANC die land sou kon regeer nie. As ek voor 1994 ’n voorspelling oor die titel van ’n boek oor die ANC se regering van Suid-Afrika sou moes waag, sou dit eerder iets soos”Van Eerste na Derde Wêreld” gewees het…
Foto’s: Vyf wat vrou glo probeer keelaf sny, kry borg
Vyf mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn bejaarde vrou se keel met ʼn skeermeslemmetjie probeer afsny het is Woensdag op borgtog vrygelaat.
Spotplakkaat van Zuma en Zille het sosiale netwerke in rep en roer
ʼn Spotplakkaat wat wys hoe poppe van president Jacob Zuma en DA-leier Helen Zille mekaar met kaal bolywe omhels het gebruikers op sosiale netwerke in rep en roer.
Nuuskommentaar: Afrikaans en sy toekoms
Ingevolge die nuutste bepalings van die taalwetsontwerp moet nasionale staatsdepartemente drie tale gebruik, waarvan twee voorheen agtergeblewe amptelike tale moet wees. Hierdeur, so lyk dit, is Afrikaans uitgesluit.