Die weelderige Los Angeles-huis waar Michael Jackson gesterf het, is tans in die mark vir $23.9 miljoen, en ʼn bekende stel belang om dit te koop, luidens die eiendomsagente en die TMZ-webwerf.
Lees meerAlles vir Donderdag 22 Maart 2012
Goeie nuus: Jong SA-ner wen jeugafdeling in gesogte foto-kompetisie
Die jong Suid-Afrikaner Bernard Pieterse is Dinsdag as die eerste wenner ooit van die Omgewingskategorie in die jeug-afdeling van die vername 2012 Sony Wêreld Fotografietoekennings aangewys, het SA Good News berig.
Tuinier van PTA skuldig bevind op wrede moord
ʼn Man van Mamelodi is Donderdag daarvan skuldig bevind dat hy sy voormalige werknemer drie jaar gelede tydens ʼn gewelddadige huisroof in Waverley vermoor het.
Gevangene steek homself aan die brand
‘n Gevangene by die Pretoria-Sentraal-gevangenis het homself aan die brand gesteek nadat sy versoek om na ʼn ander tronk oorgeplaas te word glo geweier is.
Tiener probeer selfmoord pleeg oor “slet-lysie”
ʼn Durbanse tienermeisie het probeer selfmoord pleeg nadat haar naam op ʼn sogenaamde “slet-lysie” geplaas is, wat op die Blackberry-boodskapdiens (BBM) en Facebook versprei is.
Vrou verdrink dalk in Oos-Kaap
ʼn Vrou, in haar vroeë 20’s, het vermoedelik verdrink nadat sy en ʼn vriendin deur die see van die rotse by Gap in Port St. Johns af gespoel is.
Badsout vir tik aangesien en nou is hy sonder paspoort
ʼn Britse toeris sukkel om sy paspoort van binnelandse sake terug te kry nadat polisie die badsout in sy bagasie as tik aangesien het, het Beeld Donderdag berig.
Man gevang met 282 kg dagga
ʼn Man is in Welkom in hegtenis geneem nadat 282 kg dagga in sy motor opgespoor is, het die Vrystaatse polisie Donderdag gesê.
‘Vermoor 30 swartes vir elke moord op ‘n witmens’
Tydens ‘n “nood volksvergadering” van die Geloftevolk Republikeine is daar glo wraakaanvalle op swart mense voorgestel.
Video: Die vlieënde Hollander
Jarno Smeets (31), ʼn ingenieur van Nederland, is die eerste man in die geskiedenis om ʼn suksesvolle vlug met selfgeboude vlerke af te lê.
Bejaarde egpaar in PE aangeval
ʼn Bejaarde egpaar is erg aangerand terwyl daar gedreig is om hulle met kookwater te brand in Summerstrand in Port Elizabeth.
Nuuskommentaar: Wie dorings saai sal distels maai
Suid-Afrika beleef gereeld gewelddadige onluste, veral op munisipale vlak. Dit neem dikwels die vorm van dominos aan, en kan landswyd uitslaan…
Vermoorde egpaar sou oorsee gaan
Die bejaarde egpaar wie se liggame Maandag in hul huis in Farrarmere, Benoni, gekry is, sou eersdaags na Australië vertrek het.
Soek ‘n nuwe republikeinse vuur
21 Maart 1960 – Sharpevilledag. Hierdie dag, 52 jaar gelede het die geskiedenis van Suid Afrika onherroeplik verander.
ANC beskuldig Zille van rassisme na Twitter-opmerking
Die ANC het die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, van rassisme beskuldig na ʼn opmerking wat sy op die sosiale netwerk Twitter gemaak het, waarin sy na Oos-Kaapse leerlinge wat na die Wes-Kaap stroom vir ‘n beter opvoeding as “vlugtelinge” verwys het.