Miljoene dollar in Kanadese munte was oor ʼn snelweg gestrooi toe ʼn veiligheidswa Woensdag klippe getref en omgeslaan het, het die polisie gesê.
Lees meerAlles vir Woensdag 28 Maart 2012
Diewe net betyds aangekeer
Nadat diewe ongeveer ʼn maand lank aan ʼn een kilometer-tonnel tot by ʼn juwelierswarewinkel in Italië gegrawe het, is vier van die “diewe” gevang toe twee van hulle uit ʼn inspeksiegat geklim het.
Geld moontlik die oorsaak vir Centurion-skietery
Eyewitness News berig dat ʼn regsgeding oor geld moontlik tot die Centurion moord-selfmoord gelei het.
Video: Mense is wonderlik
Prof. T.T. Cloete skryf in sy boek, Onderhoud met ‘n bobbejaan, dat die mens nes die aap is, want, só sê hy, “vir een aap is ‘n ander aap die interessantste ding”.
Dinokeng-renoster deur vragmotor doodgery
ʼn Renosterbul is vroeg Woensdagoggend deur ʼn vragmotor in die Dinokeng Wildreservaat, oos van Hammanskraal, doodgery.
Nuuskommentaar: Oë vandag op Sirië
Die oë van die internasionale gemeenskap sal vandag op Sirië gerig wees – meer in die besonder die diktator, Bashar al-Assad. Assad het pas laat weet dat hy die VN-gesant, Kofi Anan se sespuntplan na vrede aanvaar.
4 mense dood na skietvoorval by prokureurs in Centurion
ʼn Man het glo vroeër vanoggend drie mense by Du Randt en Richards Prokureurs in Zwartkop, Centurion, doodgeskiet voordat hy homself geskiet het.
Vliegtuig tref vrou op aanloopbaan
ʼn Vrou wat oor die aanloopbaan van die vliegveld in Ermelo gehardloop het, is in die helfte geskeur deur ʼn ligte vliegtuig wat geland het.
Foto’s: Franse lok Britte met SA-strande!
Die Franse toerismeraad moes onlangs op hul neuse kyk nadat foto’s van Llandudno in Kaapstad op plakkate gebruik is om Frankryk te bemark.
BBP-bestuurders gemaan om stadiger te ry
BBP-bestuurders vir LUR’e moet by die spoedgrens hou, het ʼn senior regsdienstebeampte Dinsdag aan die streekshof in Pietermaritzburg gesê.
2 mense dood ná Putco-bus hul huis platry
ʼn Paartjie van Soweto is vroeg Dinsdagoggend in hul HOP-huis dood nadat ʼn bus die struktuur platgery het, het Johannesburgse nooddienste gesê.
‘Piet Byl’ gaan nou Inge Lotz se moord ondersoek
Voormalige polisiespeurder Piet Byleveld is versoek om die moord op die Stellenbosch-student, Inge Lotz, te ondersoek, het The Star Woensdag berig.
Naamsveranderinge in W-Kaap
Inwoners in Kaapstad het die stadsraad daarvan beskuldig dat hulle nie Afrikaners in ʼn naamsveranderingproses in ag neem nie, het Sapa Woensdag berig.