Nagenoeg 18 renosters is die afgelope tien dae vir hul horings doodgemaak.
Lees meerAlles vir die maand April 2012
In jou noppies wees?
Taaltoffie bespreek die herkoms van dié Afrikaanse uitdrukking.
Is daar ‘n skroef los in die Lions-span?
Polla Roux bespreek die afgelope naweek se Suid-Afrikaanse rugby.
Maklikste, lekkerste koekies
Doodmaklike, doodeet-lekker koekieresep
Drieling-ma kry nog ‘n drieling
ʼn Vrou van Noordwes het Woensdag geboorte geskenk aan haar tweede drieling, het die Sowetan Maandag berig.
Oudminister Sicelo Shiceka sterf
Die voormalige minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Sicelo Shiceka, is Maandagoggend in die Oos-Kaap dood.
Nuuskommentaar: Waarde van die Solidariteit Beweging
Al die ekonomiese en politieke faktore is in Suid-Afrika teenwoordig sodat meer en meer inisiatiewe die lig sien om ander maniere te soek om die land, of ‘n sektor van die bevolking, se sake reg te ruk…
‘Titanic II sal in 2016 sy eerste vaart onderneem’
ʼn Australiese miljardêr sê hy sal ʼn replika van die Titanic vervaardig wat in 2016 van Engeland na New York sal seil.
Meer as 6500 polisiebeamptes wéér opgelei
ʼn Totaal van 6536 polisiebeamptes, wat vuurwapen bevoegdheidstoetse gedruip het, sal dringend weer opleiding ontvang.
Twee vas ná moord op bejaarde
Twee mans is in hegtenis geneem na die moord op Henna Smit (75) op ʼn plaas buite Citrusdal in die Wes-Kaap.
Besoedeling gevaarliker as padongelukke?
Luidens ‘n nuwe studie kan verkeersbesoedeling tot twee keer so dodelik wees as verkeersongelukke.
Polisieman tydens OTM-rooftog beseer
Sondagoggend twee OTMe in Rustenburg opgeblaas het, het die polisie gesê.
Vrou sterf in KZN-vliegtuigongeluk
‘n Vrou is dood en ‘n man beseer toe hul vliegtuig Sondagoggend by Margate-lughawe in KwaZulu-Natal neergestort het.
Omstrede Shakespeare
William Shakespeare word deur talle beskou as die mees vername skrywer van alle tye, maar daar hang tans ‘n wolk van omstredenheid rondom die skrywer.
Langste man se onderklere verkoop
‘n Reus se onderklere is dié week op ‘n veiling teen £550 verkoop.
Polisieman, wildbewaarder in wildtuin doodgeskiet
ʼn Polisiebeampte is deur ʼn wildbewaarder doodgeskiet waarna laasgenoemde deur ʼn soldaat doodgeskiet is in die Krugerwildtuin.
Man sterf in valskermongeluk
Roelof Hattingh (39) is Saterdag dood tydens ʼn valskermspring-ongeluk in Carletonville, wes van Johannesburg.
Ouers wil Don glo nie by skool hê
Ouers van die Grey-kollege in Bloemfontein is glo nie te vinde daarvoor dat Don Steenkamp (15), wie se ouers en suster op hul plaas in Griekwastad vermoor is, terugkeer skool toe nie.
SA man in Somalië doodgeskiet
ʼn Suid-Afrikaanse veiligheidsinstrukteur, Lodewyk Pietersen (55), is Vrydag deur ʼn veiligheidswag doodgeskiet in Puntland, ’n semi-outonome gebied in die noorde van Somalië.
Selebi en Shaik baat by vonnisvermindering
Die voormalige nasionale polisiehoof, Jackie Selebi, en die veroordeelde bedrieër, Schabir Shaik, sal baat by President Jacob Zuma se aankondiging op Vryheidsdag dat van die land se gevangenes se vonnisse verminder sal word.